WINTERSOP MET BIEF, GROENTE EN GORT
2010-08-20
2010-08-20
600 ml kookwater
4 rooibosteesakkies
30 ml olyfolie
450 g ekstra maer biefstuk in blokkies van 2 cm gesny
10 ml olyfolie
1 ui, fyngekerf
2 knoffelhuisies, fyngedruk
900 ml kookwater
60 ml vleisaftrekselpoeier
250 ml pêrelgort
15 ml vars tiemie, net die blaartjies
4 medium wortels (sny in dik ringe en dan in kwarte)
3 selderystingels, in fyn ringe gesny
2 medium aartappels, in 2 cm blokkies gesny
growwesout en varsgemaalde swartpeper
KOM ONS KOOK
• Maak ’n aftreksel van die rooibostee in die 600 ml kookwater en hou eenkant met die sakkies steeds in die tee.
• Sit die soppot op die stoof en verhit die olyfolie daarin.
• Braai die biefblokkies tot bruin (sowat 12 minute).
• Skep die vleis uit en hou eenkant.
• Voeg die 10 ml olyfolie in die soppot, en braai die ui en knoffel tot sag (sowat vier minute).
• Haal die teesakkies uit die aftreksel en voeg die tee by die ui en knoffel in die pot.
• Los die vleisaftrekselpoeier in die 900 ml kookwater op.
• Voeg die vleisaftreksel, gort, tiemie en vleis by.
• Laat die mengsel kook en verminder dan die hitte. Sit die deksel op en prut vir 45 minute.
• Voeg die wortel, seldery en aartappel by en prut vir nog 15 minute tot die groente sag is.
• Geur met sout en swartpeper na smaak en bedien met vars, warm broodjies.
GENOEG VIR 6 PERSONE
VOORBEREIDINGSTYD: 20 MIN.
KOOKTYD: 60 MIN.
HET JY GEWEET? Rooibostee se mineraalinhoud verhoog enige gereg se voedingswaarde en gee ekstra geur aan die gereg. Vervang water in enige resep met rooibostee.
argief
GEVULDE FILET
GESONDE SEMELMUFFINS
Finesse het in die Augustus uitgawe gesê dat julle 'n gesonde semelmuffin-resep op voelgoed.co.za kan kry. Wel, hier is dit nou! ...KAASSOUFFLÉ
NAMIBIESE LAMSBOUD
Sprinkel die olywe, sonneblomsaad en kersietamaties bo-oor.GARNALE OP 'N STOKKIE
BLOMKOOL IN SPESERY-KLAPPERSOUS
SKAAPPASTEITJIES MET SALSA VERDE
PAMPOEN- EN ROOSMARYNSOP
met preie en jogurtEENDBORSIE OP 'N ESDORING-EN-APPELBED
ALGERIESE K'RAA BEYDA
Gevulde murgpampoentjies in eier en suurlemoensous























