TIKKA-LAMSRIB MET SALIE-AARTAPPELS
2010-08-19
2010-08-19
900 g lamsrib
125 ml olyfolie
30 ml tikka-masalapasta (paste)
300 g Griekse jogurt
6 medium aartappels (sowat 1,2 kg)
30 ml olyfolie
45 g botter, gesmelt
15 g salieblare
growwesout en varsgemaalde swartpeper na smaak
KOM ONS KOOK
• Meng die olyfolie, tikkapasta en jogurt saam. Smeer oor die lamsrib en marineer oornag in die yskas.
• Haal die vleis uit die marinade en plaas in Argilla-kleipot. Sit die deksel op.
• Plaas die pot in die oond en draai nou die hitte na 180˚C.
• Bak vir een uur by 180˚C of verkieslik teen 140˚C vir 2-3 uur.
• Skrop die aartappels skoon en behou die skil. Sny in een cm dik skywe.
• Kook die aartappels in soutwater tot sag, maar nog ferm (sowat 12 minute).
• Dreineer en plaas op ’n bakplaat. Gooi die olyfolie en botter oor.
• Haal die Argilla-pot uit die oond en laat staan sonder om oop te maak.
• Verhoog die oondtemperatuur tot 200˚C en sit die aartappels vir 10 minute daarin.
• Skud die bakplaat gereeld tot die aartappels mooi bruin gebak is.
• Voeg die salie, sout en peper by en bedien saam met die lamsrib.
• Garneer met vars roketblare. Bedien met rooi lensies vir ’n mooi kleurkombinasie.
GENOEG VIR 6 PERSONE
MARINEERTYD: OORNAG
BAKTYD VIR VLEIS: 60 MIN.
VOORBEREIDINGSTYD: 30 MIN.
OOND MOET KOUD WEES WANNEER KLEIPOT DAARIN GEPLAAS WORD
WENK: Tikka-masalapasta kan met tandoori-kerriepasta vervang word.
argief
SALADE NICOICE
Slaai as 'n maaltyd!HOENDER- EN SPINASIEPASTEITJIES
HEEL GEBAKTE SALM
Bedien met gegeurde rys en 'n groen slaai.TAMATIE-MOSSELSOP
GEVULDE FILET
GESONDE SEMELMUFFINS
Finesse het in die Augustus uitgawe gesê dat julle 'n gesonde semelmuffin-resep op voelgoed.co.za kan kry. Wel, hier is dit nou! ...KAASSOUFFLÉ
NAMIBIESE LAMSBOUD
Sprinkel die olywe, sonneblomsaad en kersietamaties bo-oor.GARNALE OP 'N STOKKIE
BLOMKOOL IN SPESERY-KLAPPERSOUS


.jpg)




.jpg)

















