89 TIKKA-LAMSRIB MET SALIE-AARTAPPELS KOS is op die tafel Articles www.voelgoed.co.za

TIKKA-LAMSRIB MET SALIE-AARTAPPELS

TIKKA-LAMSRIB MET SALIE-AARTAPPELS

2010-08-19

900 g lamsrib
125 ml olyfolie
30 ml tikka-masalapasta (paste)
300 g Griekse jogurt
6 medium aartappels (sowat 1,2 kg)
30 ml olyfolie
45 g botter, gesmelt
15 g salieblare
growwesout en varsgemaalde swartpeper na smaak

KOM ONS KOOK

•    Meng die olyfolie, tikkapasta en jogurt saam. Smeer oor die lamsrib en marineer oornag in die yskas.
•    Haal die vleis uit die marinade en plaas in Argilla-kleipot. Sit die deksel op.
•    Plaas die pot in die oond en draai nou die hitte na 180˚C.
•    Bak vir een uur by 180˚C of verkieslik teen 140˚C vir 2-3 uur.
•    Skrop die aartappels skoon en behou die skil. Sny in een cm dik skywe.
•    Kook die aartappels in soutwater tot sag, maar nog ferm (sowat 12 minute).
•    Dreineer en plaas op ’n bakplaat. Gooi die olyfolie en botter oor.
•    Haal die Argilla-pot uit die oond en laat staan sonder om oop te maak.
•    Verhoog die oondtemperatuur tot 200˚C en sit die aartappels vir 10 minute daarin.
•    Skud die bakplaat gereeld tot die aartappels mooi bruin gebak is.
•    Voeg die salie, sout en peper by en bedien saam met die lamsrib.
•    Garneer met vars roketblare. Bedien met rooi lensies vir ’n mooi kleurkombinasie.

GENOEG VIR 6 PERSONE
MARINEERTYD: OORNAG
BAKTYD VIR VLEIS: 60 MIN.
VOORBEREIDINGSTYD: 30 MIN.
OOND MOET KOUD WEES WANNEER KLEIPOT DAARIN GEPLAAS WORD

WENK: Tikka-masalapasta kan met tandoori-kerriepasta vervang word.


Kommentaar
  • ek is mal oor julle blad....hier is soveel om te sien en te lees, ek wens net ek het minder werk gehad en meer tyd dan sou ek die heeldag sit en lees en saam gesels, dankie ook vir die resepte julle gaan my beslis uithelp om manlief te bederf...

gesels saam


argief