ORGANIESE SKULPPASTA MET BOTTERSKORSIE
2010-08-18
2010-08-18
500 g organiese skulppasta
500 g botterskorsies, geskil en in blokkies gesny (gebruik die afgesnyde boonste helftes van Maandag se gereg)
45 ml olyfolie
25 g botter
15 ml bruinsuiker
growwesout en varsgemaalde swartpeper na smaak
100 g grofgerasperde Parmesaankaas
100 g bokmelk-Fetakaas – grof gebreek
30 ml pampoensaad – liggies gebraai in ’n droë pan
60 ml olyfolie
125 ml vars basiliekruidblare
KOM ONS KOOK
Verhit die oond tot 200˚C
• Plaas die botterskorsie in ’n oondskottel.
• Gooi die olyfolie, suiker, sout en peper oor. Roer liggies tot al die botterskorsieblokkies bedek is.
• Sny die botter in klontjies en gooi oor die botterskorsie.
• Plaas in die warm oond vir 25 minute. Die botterskorsie moet sag wees maar met bruin gekaramelliseerde punte.
• Kook die pasta in soutwater tot al dente (nog krakerig) en gooi deur ’n vergiettes.
• Meng al die bestanddele liggies saam met die pasta en botterskorsie. Voeg nog sout of peper by na smaak.
• Bedien warm.
GENOEG VIR 6 PERSONE
VOORBEREIDINGSTYD: 20 MIN.
BAKTYD: 25 MIN.
OONDTEMPERATUUR: 200˚C
Wenk: Die pasta kan saam met ’n mengelslaai bedien word. Die gekaramelliseerde botterskorsie is ’n lekker bygereg by gebakte hoender.
argief
SALADE NICOICE
Slaai as 'n maaltyd!HOENDER- EN SPINASIEPASTEITJIES
HEEL GEBAKTE SALM
Bedien met gegeurde rys en 'n groen slaai.TAMATIE-MOSSELSOP
GEVULDE FILET
GESONDE SEMELMUFFINS
Finesse het in die Augustus uitgawe gesê dat julle 'n gesonde semelmuffin-resep op voelgoed.co.za kan kry. Wel, hier is dit nou! ...KAASSOUFFLÉ
NAMIBIESE LAMSBOUD
Sprinkel die olywe, sonneblomsaad en kersietamaties bo-oor.GARNALE OP 'N STOKKIE
BLOMKOOL IN SPESERY-KLAPPERSOUS


.jpg)




.jpg)

















