HOENDERBORSIES GEVUL MET APPELKOSE
2010-08-16
2010-08-16
8 hoenderborsies (filet)
60 ml botter
60 ml olyfolie
1 ui, fyngekerf
2 knoffelhuisies, fyngedruk
200 g gedroogde sagte appelkose
80 ml sjerrie
30 ml vars tiemie (gebruik net die blaartjies)
growwesout en varsgemaalde swartpeper na smaak
50 g amandels – geskilfer (flaked)
KOM ONS KOOK
Verhit die oond tot 180˚C
• Vee die filette met handdoekpapier droog en sny ’n gleuf in die kant van elke filet.
• Smelt die botter en olie saam in ’n pan.
• Voeg die fyn ui by en braai oor medium hitte tot sag.
• Voeg die knoffel by en roer goed. Onthou, dit moenie bruin word nie.
• Snipper die sagte appelkose met ’n skêr by en braai vir twee minute.
• Voeg nou die sjerrie en tiemieblaartjies by.
• Prut ’n paar minute totdat die meeste van die vog verdamp en die smake gekonsentreerd is. Sorg dat die appelkose nie pap word nie.
• Voeg die sout en varsgemaalde swartpeper na smaak by.
• Vul nou die filette met die appelkoosmengsel. Dit moenie oorvol wees nie.
• Gebruik ’n vleisnaald en kombuistou en werk die filette met twee steke toe.
• Plaas op ’n bakplaat en verf met olyfolie. Plaas in die oond vir sowat 20-25 minute. Hou dit dop totdat dit mooi bruin gebraai is.
• Haal die filette uit die oond en laat dit vir sowat twee minute rus.
• Braai die amandels in ’n droë pan. Roer aanhoudend en haal dadelik af as dit bruin is.
• Sny die tou om die hoender los en trek die steke uit.
• Strooi gebraaide amandels bo-oor en bedien.
GENOEG VIR 6 PERSONE
VOORBEREIDINGSTYD: 25 MIN.
BAKTYD: 25 MIN.
OONDTEMPERATUUR: 180˚C
WENK: Bedien saam met koeskoes gegeur met grofgekapte pietersielie en die fyn skil en sap van een lemoen.
argief
SALADE NICOICE
Slaai as 'n maaltyd!HOENDER- EN SPINASIEPASTEITJIES
HEEL GEBAKTE SALM
Bedien met gegeurde rys en 'n groen slaai.TAMATIE-MOSSELSOP
GEVULDE FILET
GESONDE SEMELMUFFINS
Finesse het in die Augustus uitgawe gesê dat julle 'n gesonde semelmuffin-resep op voelgoed.co.za kan kry. Wel, hier is dit nou! ...KAASSOUFFLÉ
NAMIBIESE LAMSBOUD
Sprinkel die olywe, sonneblomsaad en kersietamaties bo-oor.GARNALE OP 'N STOKKIE
BLOMKOOL IN SPESERY-KLAPPERSOUS


.jpg)




.jpg)

















