89 HOENDERBORSIES GEVUL MET APPELKOSE KOS is op die tafel Articles www.voelgoed.co.za

HOENDERBORSIES GEVUL MET APPELKOSE

HOENDERBORSIES GEVUL MET APPELKOSE

2010-08-16

8 hoenderborsies (filet)
60  ml  botter
60 ml  olyfolie
1 ui, fyngekerf
2 knoffelhuisies, fyngedruk
200 g gedroogde sagte appelkose
80 ml sjerrie
30 ml vars tiemie (gebruik net die blaartjies)
growwesout en varsgemaalde swartpeper na smaak
50 g amandels – geskilfer (flaked)

KOM ONS KOOK


Verhit die oond tot 180˚C
•    Vee die filette met handdoekpapier droog en sny ’n gleuf in die kant van elke filet.
•    Smelt die botter en olie saam in ’n pan.
•    Voeg die fyn ui by en braai oor medium hitte tot sag.
•    Voeg die knoffel by en roer goed. Onthou, dit moenie bruin word nie.
•    Snipper die sagte appelkose met ’n skêr by en braai vir twee minute.
•    Voeg nou die sjerrie en tiemieblaartjies by.
•    Prut ’n paar minute totdat die meeste van die vog verdamp en die smake gekonsentreerd is. Sorg dat die appelkose nie pap word nie.
•    Voeg die sout en varsgemaalde swartpeper na smaak by.
•    Vul nou die filette met die appelkoosmengsel. Dit moenie oorvol wees nie.
•    Gebruik ’n vleisnaald en kombuistou en werk die filette met twee steke toe.
•    Plaas op ’n bakplaat en verf met olyfolie. Plaas in die oond vir sowat 20-25 minute. Hou dit dop totdat dit mooi bruin gebraai is.
•    Haal die filette uit die oond en laat dit vir sowat twee minute rus.
•    Braai die amandels in ’n droë pan. Roer aanhoudend en haal dadelik af as dit bruin is.
•    Sny die tou om die hoender los en trek die steke uit.
•    Strooi gebraaide amandels bo-oor en bedien.

GENOEG VIR 6 PERSONE
VOORBEREIDINGSTYD: 25 MIN.
BAKTYD: 25 MIN.
OONDTEMPERATUUR: 180˚C

WENK: Bedien saam met koeskoes gegeur met grofgekapte pietersielie en die fyn skil en sap van een lemoen.   

Kommentaar

gesels saam


argief