DINK PRAKTIES
2009-07-14
2009-07-14
Neem jou kinders se behoeftes, ouderdomme en aktiwiteite in ag wanneer jy die uitleg van die leefvertrek beplan. Dink aan stylvoorkeure, kleurskemas, veiligheid en wasbare materiale as jy die dekor vir die woonkamer beplan. Die meubels kan so geplaas word dat die kinders hulle eie kuiergedeelte het.
Hier kan hulle dan eet, speel en TV kyk sonder dat die grootmense hulle pla. Kies ook meubels wat lig is en maklik deur kinders geskuif kan word. Plastiekmeubels is goedkoop, liggewig en kan opmekaar gestapel word as dit nie gebruik word nie. Dit is in ’n verskeidenheid kleure en ontwerpe te kry.
Foto: Francois Booyens
Kommentaar
argief
SIT AGTEROOR
Maak gebruik van aksentkleure wat moeder natuur gratis vir ons gee.KINDERSPELETJIES
Vrolike kamers word geskep met wasbare linnegoed van suiwer katoen.
soek op voelgoed























