88 OMTOWER JOU TUIN DEKOR idees Articles www.voelgoed.co.za

OMTOWER JOU TUIN

OMTOWER JOU TUIN

Pak ’n ou fotoraam of skinkbord vol teeliggies, bondel feesliggies in ’n glasbak of drapeer dit op die tafel.

2009-03-25

Benewens goeie musiek en lekker wyn, is kerse die maklikste manier om ’n feesgevoel te skep. Dit kan enige area optower. Gebruik dit op interessante maniere wat nie baie geld kos nie. Leë glasbotteltjies, wat met draad opgehang word, is ideale kershouers. Versier gerus jou eie bottel-lanterns met lint, blomme of olyftakkies. Drywende kerse en blomme kan jou swembad deel van die dekor maak. Gebruik wat jy in die kombuis het. Leë glashouers en selfs ou fotorame kan kreatief gebruik word. Pak ’n ou fotoraam of skinkbord vol teeliggies, bondel feesliggies in ’n glasbak of drapeer dit op die tafel.

Dra meubels uit en omskep jou stoep in ’n droomwêreld vol towerelemente. ’n Lang effekleurige tafeldoek, oor die tafel gedrapeer, maak ’n feestelike indruk. ’n Spatsel kleur hier en daar met blomme sal visueel tot die sensuele atmosfeer bydra. Weelderige breekgoed en elegante glase rond die prentjie af. Laai jou borde met verruklike happies, vul jou glase met vonkels en geniet ’n onvergeetlike aand!




argief

  • DINK PRAKTIES

  • SLAAP SALIG

    Bederf jouself met aromatiese kerse en blomme wat vir jou sê: jy is uniek.
  • OMTOWER JOU TUIN

    Pak n ou fotoraam of skinkbord vol teeliggies, bondel feesliggies in n glasbak of drapeer dit op die tafel.
  • SIT AGTEROOR

    Maak gebruik van aksentkleure wat moeder natuur gratis vir ons gee.
  • KINDERSPELETJIES

    Vrolike kamers word geskep met wasbare linnegoed van suiwer katoen.
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]