88 OMTOWER JOU TUIN DEKOR idees Articles www.voelgoed.co.za

OMTOWER JOU TUIN

OMTOWER JOU TUIN

Pak ’n ou fotoraam of skinkbord vol teeliggies, bondel feesliggies in ’n glasbak of drapeer dit op die tafel.

2009-03-25

Benewens goeie musiek en lekker wyn, is kerse die maklikste manier om ’n feesgevoel te skep. Dit kan enige area optower. Gebruik dit op interessante maniere wat nie baie geld kos nie. Leë glasbotteltjies, wat met draad opgehang word, is ideale kershouers. Versier gerus jou eie bottel-lanterns met lint, blomme of olyftakkies. Drywende kerse en blomme kan jou swembad deel van die dekor maak. Gebruik wat jy in die kombuis het. Leë glashouers en selfs ou fotorame kan kreatief gebruik word. Pak ’n ou fotoraam of skinkbord vol teeliggies, bondel feesliggies in ’n glasbak of drapeer dit op die tafel.

Dra meubels uit en omskep jou stoep in ’n droomwêreld vol towerelemente. ’n Lang effekleurige tafeldoek, oor die tafel gedrapeer, maak ’n feestelike indruk. ’n Spatsel kleur hier en daar met blomme sal visueel tot die sensuele atmosfeer bydra. Weelderige breekgoed en elegante glase rond die prentjie af. Laai jou borde met verruklike happies, vul jou glase met vonkels en geniet ’n onvergeetlike aand!




Kommentaar

gesels saam


argief