88 SIT AGTEROOR DEKOR idees Articles www.voelgoed.co.za

SIT AGTEROOR

SIT AGTEROOR

Maak gebruik van aksentkleure wat moeder natuur gratis vir ons gee.

2009-03-23Wilma Claasens

Daar is ’n gevoel van oopheid in die sitkamer, wat gedefinieer word deur ruimte, natuurlike lug en die neutrale kleure. Die funksionele word met die dekoratiewe vermeng. Teksture soos sisalmatte en natuurlike vesel soos linne beklemtoon die effek. Die vertrek word opgehelder met olyfgroen in die gordyne van natuurlike linne. Die gordynringe dwing die materiaal om in geordende voue te hang en pas dus perfek by die dekorstyl. Die gevoel van rustigheid word hierdeur verdiep. Maak gebruik van aksentkleure wat moeder natuur gratis vir ons gee. ’n Bak vol helderoranje lemoene is die fokus op die tafel, en word herhaal met vars blomme. Die kerse is nie net dekoratief nie. Steek hulle gerus aan – dit skep ’n wonderlike atmosfeer!

Lap vir kussings beskikbaar van www.kardoes.co.za.
Gordynlap van Silk and Cotton company.
Kerse van Woolworths.
Sisalmat van Boardmans.
Ronde houttafeltjies van Weylands.

Foto: FRANCOIS BOOYENS

argief

  • DINK PRAKTIES

  • SLAAP SALIG

    Bederf jouself met aromatiese kerse en blomme wat vir jou sê: jy is uniek.
  • OMTOWER JOU TUIN

    Pak n ou fotoraam of skinkbord vol teeliggies, bondel feesliggies in n glasbak of drapeer dit op die tafel.
  • SIT AGTEROOR

    Maak gebruik van aksentkleure wat moeder natuur gratis vir ons gee.
  • KINDERSPELETJIES

    Vrolike kamers word geskep met wasbare linnegoed van suiwer katoen.
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]