KINDERSPELETJIES
Vrolike kamers word geskep met wasbare linnegoed van suiwer katoen.
2009-03-23Wilma Claasens
Vrolike kamers word geskep met wasbare linnegoed van suiwer katoen.
2009-03-23Wilma Claasens
In ’n kinderkamer kan ’n mens lekker speel met gewaagde kleurkombinasies, innoverende detail en unieke afwerkings wat saam ’n weergalose harmonie skep. Die helder-donkerpienk en groen is so reg in die smaak van ’n avontuurlustige dogtertjie. Die atmosfeer van die kamer moet beslis by die persoonlikheid van die kind pas! Kinders se behoeftes word vermeng met praktiese elemente. Beweeg weg van frille en valle en laat die klem val op netheid en gemak. Vrolike kamers word geskep met wasbare linnegoed van suiwer katoen. Trek ’n ou stoel oor met helder, opwindende materiaal wat oemf gee aan ’n andersins kalm vertrek. Dit is ook prakties en sorg dat wollerige vriendjies nie die kamer vol lê nie. Gebruik pragtige houers om ander speelgoed netjies te hou.
Soortgelyke kussings by Succulent Décor. 012 665 2525.
Kombers is van Osiers.
Bêrehouers van Loads of Living.
Mandjie van Osiers.
argief
SIT AGTEROOR
Maak gebruik van aksentkleure wat moeder natuur gratis vir ons gee.KINDERSPELETJIES
Vrolike kamers word geskep met wasbare linnegoed van suiwer katoen.























