HOE KAN EK MYSELF ONMISBAAR MAAK BY DIE WERK?
Wanneer jou maatskappy besig is om te herstruktureer, kan dit nogal senutergend wees.
2012-01-27
Wanneer jou maatskappy besig is om te herstruktureer, kan dit nogal senutergend wees.
2012-01-27
Die meeste mense sal hulleself gedurende so ’n tyd onmisbaar probeer maak.
Wanneer jou maatskappy besig is om te herstruktureer, is die eerste vraag wat jy vir jouself moet vra: Wil ek regtig nog hier wees? Is hierdie nie dalk die teken dat ek ’n sprong moet waag nie?
As jy besef jy wil eintlik bly waar jy nou is, kom die gesindheid-situasie ter sprake. Mense sien altyd jou gesindheid raak. Met ander woorde, hoewel dit nou ’n negatiewe tyd by die werk is, kom jy nogtans elke dag met ’n positiewe gesindheid werk toe en is jy optimisties. Maar moenie probeer voorgee jy is oukei as jou gesig ’n ander storie vertel nie! Wees energiek as jy by die werk aankom en sorg dat jou positiewe gesindheid opreg en duidelik is – moenie skynheilig wees nie! Wys vir almal dat jy nie gaan tou opgooi nie en dat jy regtig toegewyd is aan jou werk.
Om te deel wat jy weet, maak jou onmisbaar omdat mense weet hulle kan altyd vir jou iets gaan vra – want jy sal dalk weet! Miskien is dit ook goed om gedurende so ’n tyd verantwoordelikheid te aanvaar vir dinge waarvoor jy nie vantevore verantwoordelik was nie. So oorskry jy verwagtings.
As jy werklik wil hê mense moet oor jou praat, dan moet jy iemand wees wat regtig omgee. Jy ontwikkel ’n aantrekkingsvermoë. Dis wanneer mense eerder by jou stop om te gesels of iets te vra as by die persoon langs jou. Dit maak jou onmisbaar.
Die afgelope 18 maande het ek as spreker gevind dat wanneer ek 70% met die hart praat en 30% met die verstand, die hele gehoor by my aanklank vind. En dit is wêreldwyd die geval. Mense voel aangetrokke tot jou omdat jy gaaf is en omgee – hulle voel hulle kan jou vertrou. Dit maak jou onmisbaar en dit is baie belangriker as byvoorbeeld die goeie liasseerwerk wat jy doen.
Met ander woorde, jou “menswees” in hierdie tydperk is belangriker as jou “doen” dinge. Doen jou werk en doen dit goed. Maar maak veral seker dat jy mooi en korrek optree. Wees entoesiasties en trots op jou werk. En moet nooit die maatskappy afkraak nie, bou dit eerder op.
argief
DIS IN EN DIS UIT OP KANTOOR
IN! NEE
Jy word gevra om die kantoorpartytjie te reël. En jy het nie tyd nie maar is bang om nee te sê; netnou klink jy onbeskof. Hie...UIT! SLEGTE MANIERE
96% professionele werknemers sê hulle kollegas toon slegte maniere by die werk.AS JY GELD WIL BELÊ, MOET JY ...
As jy dit oorweeg om geld te belê, is daar 'n paar beginsels waarna jy moet kyk, waarsku Andrew Warren, uitvoerende hoof van produ...DRAAI DIE KRAAN TOE!
Weerkenners voorspel 'n warm, droë somer. Rod Cairns, besturende direkteur van JoJo Tanks, het raad hoe jy kan help water spa...KAN JY BETAAL?
Selfs in die swaarste ekonomiese tye bly dit maar lekker om die winkel in te vaar. Dit beteken egter nie dat jy in die diepste skuld ged...WORD RYK MET EFFEKTETRUSTS
Effektetrusts is vandag een van die gewildste maniere om 'n neseier op te bou. Daar bestaan letterlik honderde fondse waarin jy jou geld...NUWE MODE VIR BEDROG
Die gebruik van debietkaarte het die afgelope twee jaar drasties toegeneem.KRY JOU GELD-EENDJIES IN ’N RY
Is dit jou droom om rustig te kan slaap met die wete dat jou geldsake agtermekaar is? Dan moet jy begin om jou geldvrese in die o&...KIES REG IN MOEILIKE TYE
Al druk die geldskoen jou ook hoe hard, probeer om nie te swig voor die versoeking om jou langtermynspaargeld, soos byvoorbeeld jo...
soek op voelgoed


.jpg)




.jpg)

















