86 DIS IN EN DIS UIT OP KANTOOR WERK slim Articles www.voelgoed.co.za

DIS IN EN DIS UIT OP KANTOOR

DIS IN EN DIS UIT OP KANTOOR

2010-04-06Maretha Botes

UIT! SLEGTE MANIERE

96% professionele werknemers sê hulle kollegas toon slegte maniere by die werk. Gelukkig probeer die meeste van ons nie aspris om ongeskik te wees nie. Jy is net nie altyd bewus van jou slegte maniertjies nie. Op die lang duur kan dié klein jakkalsies egter jou werksverhoudinge in die wiele ry, sê Peter Post, direkteur van die Emily Post Instituut.

Meeste mense werk in klein, oopplan kantore. Jou private gesprekke, middagetes met vreemde geure en selfs raserige tegnologie, kan ander kollegas gek maak. Die oplossing is om bewus te wees van die omgewing waarin jy werk en te wonder hoe jy sou optree indien jy in jou kollega se skoene was.

IN! RESPEK


Die laaste ding wat jy wil hê, is om oor die vingers getik te word omdat jy disrespekvol teenoor jou kollegas of jou baas opgetree het. Bly so in almal se goeie boekies:
1.    Bly positief! Jy wil nie bekend staan as “Nina Negatief” nie. Boonop is ’n negatiewe houding disrespekvol teenoor jou kollegas wat graag die werk so goed as moontlik gedoen wil kry.
2.    Vermy die skindertonge. Jy sal gerespekteer word as die een wat nie betrokke raak by hy-sê-sy-sê-debatte nie.
3.    Byt gou jou tong voor jy vurig wil raak oor jou baas se nuutste besluit. ’n Tantrum oor besluite wat deur jou seniors geneem is, is alles behalwe professioneel.


UIT! FLIRT

Jy mag dalk dink ’n warm kantoorromanse is ’n groot avontuur. Dat dit nie jou werk kan skade doen nie. En ook nie jou beeld nie. Want wie sal nou weet? Maar oppas! Verál as jy reeds ’n ring aan jou vinger het.

“As jy jou man kan verneuk, sal jy waarskynlik enigiemand anders – kollegas ingesluit – ook kan verneuk. Getroude mense wat nie skroom om kantoorromanses aan te knoop nie, word vinnig gebrandmerk as oneerlik, onbetroubaar en skelm,” sê Robert Hogan, skrywer van meer as 200 sielkundeboeke.
Hogan sê egbreuk (affairs) word oor dieselfde kam geskeer as mense wat nie belasting betaal nie, dronk word in die openbaar en selfs vandalisme – alles het te doen met die breek van reëls en disrespek vir gesag.

IN! NEE

Jy word gevra om die kantoorpartytjie te reël. En jy het nie tyd nie maar is bang om nee te sê; netnou klink jy onbeskof. Hierdie waardevolle tips van Karen Leland, kenner van kantooretiket, sal jou help om beskaafd te weier:
•    “Ek sal dit met liefde wil doen, maar vra my weer op ’n ander keer.”
•    “Ek weet hoe belangrik dit is, en ek voel sleg, maar moet ongelukkig nee sê.”
•    Probeer die doodeenvoudige manier van: “Ek het eenvoudig net te veel goed waaraan ek op dié stadium moet aandag gee. Jammer.”

Bronne:
www.huffingtonpost.com
www.forbes.com
www.respectfulworkplace.com
www.howtodothings.com



Kommentaar

gesels saam


argief

  • DIS IN EN DIS UIT OP KANTOOR

  • IN! NEE

    Jy word gevra om die kantoorpartytjie te reël. En jy het nie tyd nie maar is bang om nee te sê; netnou klink jy onbeskof. Hie...
  • UIT! SLEGTE MANIERE

    96% professionele werknemers sê hulle kollegas toon slegte maniere by die werk.
  • AS JY GELD WIL BELÊ, MOET JY ...

    As jy dit oorweeg om geld te belê, is daar 'n paar beginsels waarna jy moet kyk, waarsku Andrew Warren, uitvoerende hoof van produ...
  • DRAAI DIE KRAAN TOE!

    Weerkenners voorspel 'n warm, droë somer. Rod Cairns, besturende direkteur van JoJo Tanks, het raad hoe jy kan help water spa...
  • KAN JY BETAAL?

    Selfs in die swaarste ekonomiese tye bly dit maar lekker om die winkel in te vaar. Dit beteken egter nie dat jy in die diepste skuld ged...
  • WORD RYK MET EFFEKTETRUSTS

    Effektetrusts is vandag een van die gewildste maniere om 'n neseier op te bou. Daar bestaan letterlik honderde fondse waarin jy jou geld...
  • NUWE MODE VIR BEDROG

    Die gebruik van debietkaarte het die afgelope twee jaar drasties toegeneem.
  • KRY JOU GELD-EENDJIES IN ’N RY

    Is dit jou droom om rustig te kan slaap met die wete dat jou geldsake agtermekaar is? Dan moet jy begin om jou geldvrese in die o&...
  • KIES REG IN MOEILIKE TYE

    Al druk die geldskoen jou ook hoe hard, probeer om nie te swig voor die versoeking om jou langtermynspaargeld, soos byvoorbeeld jo...