86 KRY JOU GELD-EENDJIES IN ’N RY WERK slim Articles www.voelgoed.co.za

KRY JOU GELD-EENDJIES IN ’N RY

Is dit jou droom om rustig te kan slaap met die wete dat jou geldsake agtermekaar is? Dan moet jy begin om  jou geldvrese in die oë te kyk.

2009-04-08Helen Ueckermann

Stel vas waar jy staan deur neer te skryf hoeveel geld jy uitgee. Geld raak byna ’n onwerklike kommoditeit in die digitale tyd waarin ons leef. Met ’n paar swiepe van jou kredietkaart is jou rekening heelwat leër, en jy het nie eens ’n noot in jou hand gehou nie.
As jy egter jou finansiële bewegings begin neerskryf, sal daar ’n duidelike prentjie na vore kom en sal jy ’n realistiese plan kan begin beraam om jou sake agtermekaar te kry.

Begin met jou vaste uitgawes, oftewel die uitgawes wat elke maand dieselfde is. Voorbeelde hiervan is huur, verbandbetalings of versekeringspremies.

Skryf volgende jou wisselende uitgawes neer soos kos, vervoer, munisipale tariewe en selfoonkoste. Maak ook ’n lys van klere wat jy koop en geld wat jy op vermaak soos fliek uitgee. As jy vir die uitgawes betaal met ’n kaart, kan jy die rekeningstate gebruik om vas te stel wat jy bestee het.

Laastens moet jy kyk na jou ongereelde uitgawes soos onderhoud aan jou voertuig en ander herstelkoste.

Tel al dié uitgawes bymekaar. Om rustig te kan slaap, moet jou uitgawes minder wees as jou inkomste.

BRON: OU MUTUAL

argief

  • DIS IN EN DIS UIT OP KANTOOR

  • IN! NEE

    Jy word gevra om die kantoorpartytjie te reël. En jy het nie tyd nie maar is bang om nee te sê; netnou klink jy onbeskof. Hie...
  • UIT! SLEGTE MANIERE

    96% professionele werknemers sê hulle kollegas toon slegte maniere by die werk.
  • AS JY GELD WIL BELÊ, MOET JY ...

    As jy dit oorweeg om geld te belê, is daar 'n paar beginsels waarna jy moet kyk, waarsku Andrew Warren, uitvoerende hoof van produ...
  • DRAAI DIE KRAAN TOE!

    Weerkenners voorspel 'n warm, droë somer. Rod Cairns, besturende direkteur van JoJo Tanks, het raad hoe jy kan help water spa...
  • KAN JY BETAAL?

    Selfs in die swaarste ekonomiese tye bly dit maar lekker om die winkel in te vaar. Dit beteken egter nie dat jy in die diepste skuld ged...
  • WORD RYK MET EFFEKTETRUSTS

    Effektetrusts is vandag een van die gewildste maniere om 'n neseier op te bou. Daar bestaan letterlik honderde fondse waarin jy jou geld...
  • NUWE MODE VIR BEDROG

    Die gebruik van debietkaarte het die afgelope twee jaar drasties toegeneem.
  • KRY JOU GELD-EENDJIES IN ’N RY

    Is dit jou droom om rustig te kan slaap met die wete dat jou geldsake agtermekaar is? Dan moet jy begin om jou geldvrese in die o&...
  • KIES REG IN MOEILIKE TYE

    Al druk die geldskoen jou ook hoe hard, probeer om nie te swig voor die versoeking om jou langtermynspaargeld, soos byvoorbeeld jo...
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]