NUWE MODE VIR BEDROG
Die gebruik van debietkaarte het die afgelope twee jaar drasties toegeneem.
2009-04-08
Die gebruik van debietkaarte het die afgelope twee jaar drasties toegeneem.
2009-04-08
Vir die meeste mense is ’n debietkaart ’n gerieflike manier om vir aankope te betaal. Die toename in die aantal debietkaarte beteken egter ook dat debietkaartbedrog nou die algemeenste vorm van bedrog is.
Mnr. Jacques Cilliers, uitvoerende hoof van kredietkaarte by Eerste Nasionale Bank, sê al meer bedrog word met gesteelde en verlore bankkaarte gepleeg. Gelukkig word gevorderde tegnologie toenemend ingespan om dit te bekamp.
Wees veral bedag op e-posse of selfoonteksboodskappe wat jou vra om jou persoonlike en bankbesonderhede ‘’te bevestig’’ deur dit op ’n vervalste webwerf in te voer. Die boodskappe kom gewoonlik van ’n onbekende bron. Maar jou persoonlike inligting gee bedrieërs vrye toegang tot jou bankrekeninge.
Bankbesonderhede word ook gesteel deur kaartlesers te gebruik waarmee die kaartbesonderhede gekopieer word. Dit kom veral voor by tolhekke en restaurante.
’n Slenter van bedrieërs is om mense in poste wat min verdien – soos kelners en tolhekwerkers – om te koop om inligting van kaarte te kopieer.
Om jouself te beskerm, moet jy seker maak dat ’n transaksie net een keer verwerk word. Gaan jou state noukeurig na, sê hy.
Maak ook seker dat die kaart, wat ná 'n transaksie aan jou teruggegee word, wel die een is met jou handtekening op.
argief
DIS IN EN DIS UIT OP KANTOOR
IN! NEE
Jy word gevra om die kantoorpartytjie te reël. En jy het nie tyd nie maar is bang om nee te sê; netnou klink jy onbeskof. Hie...UIT! SLEGTE MANIERE
96% professionele werknemers sê hulle kollegas toon slegte maniere by die werk.AS JY GELD WIL BELÊ, MOET JY ...
As jy dit oorweeg om geld te belê, is daar 'n paar beginsels waarna jy moet kyk, waarsku Andrew Warren, uitvoerende hoof van produ...DRAAI DIE KRAAN TOE!
Weerkenners voorspel 'n warm, droë somer. Rod Cairns, besturende direkteur van JoJo Tanks, het raad hoe jy kan help water spa...KAN JY BETAAL?
Selfs in die swaarste ekonomiese tye bly dit maar lekker om die winkel in te vaar. Dit beteken egter nie dat jy in die diepste skuld ged...WORD RYK MET EFFEKTETRUSTS
Effektetrusts is vandag een van die gewildste maniere om 'n neseier op te bou. Daar bestaan letterlik honderde fondse waarin jy jou geld...NUWE MODE VIR BEDROG
Die gebruik van debietkaarte het die afgelope twee jaar drasties toegeneem.KRY JOU GELD-EENDJIES IN ’N RY
Is dit jou droom om rustig te kan slaap met die wete dat jou geldsake agtermekaar is? Dan moet jy begin om jou geldvrese in die o&...KIES REG IN MOEILIKE TYE
Al druk die geldskoen jou ook hoe hard, probeer om nie te swig voor die versoeking om jou langtermynspaargeld, soos byvoorbeeld jo...


.jpg)




.jpg)

















