HOE OM MOEGHEID VINNIG AF TE SKUD EN TE BEGIN LEWE!
Met die gejaag in ons modern tyd, is die frase “ek is moeg” vir almal bekend. Wat kan jy prakties doen om hierdie lewenstylkrisis te hanteer en die energievlakke te bereik wat jy as vonkelvrou verdien?
2010-04-06Lisel Krige
Met die gejaag in ons modern tyd, is die frase “ek is moeg” vir almal bekend. Wat kan jy prakties doen om hierdie lewenstylkrisis te hanteer en die energievlakke te bereik wat jy as vonkelvrou verdien?
2010-04-06Lisel Krige
PAS OEFENING IN
• Die regte soort oefening kan jou energievlakke verhoog.
• Begin met klein bietjie oefening maar doen dit gereeld.
• Stap is die maklikste, maar doen enigiets wat jy geniet. Verleng jou poging algaande.
SLAAP REG
• Maak dit ’n roetinesaak: Gaan slaap elke aand op dieselfde tyd en staan soggens dieselfde tyd op.
• Kies ’n gemaklike matras en kussings.
• Probeer om nie saans jou hoofmaaltyd te eet nie, mas die moet, probeer dit so vroeg as moontlik eet.
• ’n Warm bad voor slapenstyd is ’n goeie plan – moet dit nie afjaag nie.
BEPLAN JOU DAG
• Dit beteken as’t ware om jou energiebesteding te beplan.
• Beplanning kan voorkom dat jy dol dae het wat al jou energie opvreet.
VERLOOR GEWIG
• Sommige oorgewig mense kla dat hulle gewig bydra lewer tot hul moegheid.
• Begin geleidelik gewig verloor.
• ’n Drastiese dieet sal nie veel nut hê nie.
• Die beste manier om gewig te verloor, is oefening.
RAAK ONTSLAE VAN KAFEÏEN
• Drink minder koffie, eet minder sjokolade en drink minder Coke.
• Onthou, jou kafeïen-inname moet geleidelik verminder word, anders kry jy dalk onnodige hoofpyne.
• Probeer ’n maand sonder kafeïen bly. Jy sal waarskynlik heelwat beter voel.
BEHOU REALISTIESE VERWAGTINGS
• Jou moegheid het waarskynlik oor ’n lang tyd ontwikkel, moet dus nie verwag dat dit oornag gaan verdwyn nie.
• Wees geduldig, stel doelwitte wat jy kan bereik en onthou dat stadig maar seker beter is as glad nie.
argief
VERLAAG JOU KANKERRISIKO
Wetenskaplikes beraam dat 40% van kankergevalle voorkom kan word met gesonder gewoontes.PAMPERLANG JOUSELF
Niks kom naby die ontspanning van 'n spa-behandeling nie. Skep daarom jou eie tuis, of gaan vir 'n professionele vertroeteling.VERSTERK JOU BINNESTE
Die sleutel tot n gesonder en gelukkiger jy is om jou immuunsisteem te versterk sodat siektes nie so maklik n houvas op jou kry ni...HOU JOU MOND GESOND
Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake ’n seer en sensitiewe kwessie is.KRY MEER ENERGIE!
Jy voel moeg en afgerem, maar het geen idee wat die oorsaak is nie. Volg hierdie ses stappe om seker te maak jy het meer energie.OEFENING AS DEEL VAN JOU ROETINE
Ons weet ons moet oefen. Maar hoe kom n mens aan die gang? Ons beantwoord al jou vrae om jou te help om van al jou verskonings ...KRY JOU EETLUS ONDER BEHEER!
Die hoofrede waarom vroue nie by n gesonde eetplan kan bly nie, is ons lus om te peusel. Daar is n rede waarom ons wil peuse...


.jpg)




.jpg)

















