HOU JOU BENE STERK
Een uit drie vroue sal op 'n stadium in hulle lewe aan osteoporose ly. Hoe gemaak om jou bene sterk te hou vir altyd?
2009-11-02Peeta Bee
Een uit drie vroue sal op 'n stadium in hulle lewe aan osteoporose ly. Hoe gemaak om jou bene sterk te hou vir altyd?
2009-11-02Peeta Bee
Raad 1: kom buite
• VITAMIENE: Saam met kalsium is vitamiene D noodsaaklik vir beenontwikkeling.
• SONLIG: Sonlig kom heel bo-aan die lys van aanvullings.
Raad 2: doen oefeninge
• GEWIGTE: Oefening met gewigte is noodsaaklik om nuwe bene te bou.
• TOUSPRING: Slegs 15 spronge met die tou per dag, maak ’n merkwaardige verskil.
• TRAPPE: Om trappe te hardloop verskaf gemiddeld 20 voordelige, hoë-impak skokke aan die ruggraat en heupe.
Raad 3: eet gebalanseerd
• OSTEOPOROSE: Dansers, gimnaste, langafstandatlete en mense met anoreksie en bulimia nervosa het almal ’n groter risiko vir osteoporose.
• EET GESOND: Lae liggaamsvetvlakke en dikwels onvoldoende voedingsinname laat bene swak en broos.
Raad 4: verminder kafeïen
• KALSIUMVERLIES: Mense wat kolas en ander gaskoeldrank wat kafeïen bevat drink, is geneig om noodsaaklike kalsium in hulle urien uit te skei.
• MELK: Om melk in jou koffie te drink kan vir party van hierdie newe-effekte vergoed.
Raad 5: vermy gas
• SUUR IN BLOEDSTROOM: Gaskoeldrank word vervaardig deur koolstofdioksied by te voeg, wat suur vermeerder. Soos hierdie suur die bloedstroom binnegaan sal jou liggaam probeer om dit met kalsium, die alkaliese beenboumineraal, te neutraliseer.
Raad 6: beoefen sport
• WEERSTANDSPORT: Hoewel dit nie ’n gewigsoefening is nie, toon studies dat die weerstand om teen water te roei die beendigtheid in die ruggraat verbeter.
• VOORDELE VAN SPORT: Ander sportsoorte wat beendigtheid verbeter, sluit in draf en gewigoefening. Tennis en muurbalspelers het groter beendigtheid in hulle afslaan- as nie afslaanarm.
Raad 7: drink tee
• VOORDELE VAN TEE: Tee bevat ook fluoried, ’n belangrike mineraal vir beenontwikkeling.
argief
VERLAAG JOU KANKERRISIKO
Wetenskaplikes beraam dat 40% van kankergevalle voorkom kan word met gesonder gewoontes.PAMPERLANG JOUSELF
Niks kom naby die ontspanning van 'n spa-behandeling nie. Skep daarom jou eie tuis, of gaan vir 'n professionele vertroeteling.VERSTERK JOU BINNESTE
Die sleutel tot n gesonder en gelukkiger jy is om jou immuunsisteem te versterk sodat siektes nie so maklik n houvas op jou kry ni...HOU JOU MOND GESOND
Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake ’n seer en sensitiewe kwessie is.KRY MEER ENERGIE!
Jy voel moeg en afgerem, maar het geen idee wat die oorsaak is nie. Volg hierdie ses stappe om seker te maak jy het meer energie.OEFENING AS DEEL VAN JOU ROETINE
Ons weet ons moet oefen. Maar hoe kom n mens aan die gang? Ons beantwoord al jou vrae om jou te help om van al jou verskonings ...KRY JOU EETLUS ONDER BEHEER!
Die hoofrede waarom vroue nie by n gesonde eetplan kan bly nie, is ons lus om te peusel. Daar is n rede waarom ons wil peuse...


.jpg)




.jpg)

















