KAMPIOENKOS
Jou vel is skurf en die kinders loop draaie om hulle kwaai PMS-ma.
2009-10-07
Jou vel is skurf en die kinders loop draaie om hulle kwaai PMS-ma.
2009-10-07
WENK 1: SORG VIR ’N GESONDE IMMUUNSISTEEM
• Knoffel bevat anti-inflammatoriese middels en beveg bakterieë.
• Aarbeie bevat meer vitamien C, wat die produksie van witbloedselle wat teen virusse en infeksie veg, bevorder. Dit reinig ook jou lyf van gifstowwe.
WENK 2: SKAKEL JOU BRILJANTE BREIN AAN
• Een koppie koffie per dag is goed vir ’n gesonde verstand.
• Volgraanbrood is ryk aan vitamien B en koolhidrate vir konstante “breinbrandstof”.
• Lewer is die beste bron van proteïen en vitamien B wat noodsaaklik is vir jou brein.
WENK 3: SORG VIR DAARDIE VROULIKE VEL
• Patats is gelaai met anti-oksidante en vitamiene wat veroudering teëwerk.
• Water dien as ’n spoelmiddel vir jou niere, organe en vel.
• Sonneblomsaad is ryk aan spesiale olies wat die vel bevogtig.
WENK 4: BESPOEDIG SPYSVERTERING
• Joghurt bevat “vriendelike” bakterieë wat noodsaaklik is vir goeie spysvertering.
• Appels bevat anti-inflammatoriese middels en help om die sure in speeksel af te breek om sooibrand te verminder.
• Piesangs is ryk aan magnesium wat help met peristalse tydens stoelgang.
WENK 5: KRY WEER HORMOONHARMONIE
• Swartbessies help om sensitiwiteit in die borste te verminder gedurende menstruasie.
• Blaarslaai is ryk aan kalium wat waterretensie verminder en dus help om PMS-simptome te verlig.
• Droë bone is ryk aan proteïene wat jou bloedsuiker stabiliseer en sodoende gemoedskommelings beheer.
WENK 6: MAAK JOU OË ONWEERSTAANBAAR
• Spinasie bevat vitamiene A en B-karoteen wat die ontwikkeling van karkatjies en verdorring van die retina voorkom.
• Bessies bevat baie anti-oksidante en ook hoë konsentrasies vitamien C wat jou oë teen skadelike elemente soos stof en bakterieë beskerm.
• Eiers bevat B-karoteen wat jou retina teen verdorring en skadelike elemente beskerm.
argief
VERLAAG JOU KANKERRISIKO
Wetenskaplikes beraam dat 40% van kankergevalle voorkom kan word met gesonder gewoontes.PAMPERLANG JOUSELF
Niks kom naby die ontspanning van 'n spa-behandeling nie. Skep daarom jou eie tuis, of gaan vir 'n professionele vertroeteling.VERSTERK JOU BINNESTE
Die sleutel tot n gesonder en gelukkiger jy is om jou immuunsisteem te versterk sodat siektes nie so maklik n houvas op jou kry ni...HOU JOU MOND GESOND
Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake ’n seer en sensitiewe kwessie is.KRY MEER ENERGIE!
Jy voel moeg en afgerem, maar het geen idee wat die oorsaak is nie. Volg hierdie ses stappe om seker te maak jy het meer energie.OEFENING AS DEEL VAN JOU ROETINE
Ons weet ons moet oefen. Maar hoe kom n mens aan die gang? Ons beantwoord al jou vrae om jou te help om van al jou verskonings ...KRY JOU EETLUS ONDER BEHEER!
Die hoofrede waarom vroue nie by n gesonde eetplan kan bly nie, is ons lus om te peusel. Daar is n rede waarom ons wil peuse...


.jpg)




.jpg)

















