81 DEEL JOU GESONDHEID VOEL GOED tips Articles www.voelgoed.co.za

DEEL JOU GESONDHEID

DEEL JOU GESONDHEID

Om gesond te leef is iets waarby jy baie baat kan vind as individu. Dit is jou persoonlike keuse en kan net gebeur wanneer jy 'n belofte aan jouself gemaak het.

2009-09-01

Jy kan jou gesondheid as platform gebruik om ander te help omdat dit jou in staat stel om ten volle te leef. Ons vertel jou hoe …

WEES FIKS EN VROLIK en bespaar op besoedeling deur eerder te loop of met jou fiets kafee toe te ry in jou etenstyd as om elke keer in jou kar te spring.

SKENK ’N STUKKIE VAN JOU deur as jy gesond is, bloed te skenk. Oorweeg dit ook met erns om ’n orgaanskenker te word.

WEES LETTERLIK ’N HELPENDE HAND
en was jou hande. Na aanleiding van ’n onlangse opname deur die Dettol-higiëneraad, was 1 uit elke 10 Suid-Afrikaners nie hulle hande behoorlik nadat hulle die toilet gebruik het nie. En mens kan net dink hoeveel skadelike bakterieë oorgedra word elke keer wanneer daar hand geskud word. Ongelukkig word kieme nie net deur vuil mense gedra nie en kan daar meer kieme in jou huis voorkom as in ’n openbare plek.

Gesondheidskenners meen dat die effektiefste manier om die verspreiding van kieme hok te slaan, is om jou hande behoorlik te was. Jy kan byvoorbeeld só verhoed dat typhoid, cholera, gripe, hepatitis A en salmonella versprei. Leer jou kinders om hulle hande te was wanneer dit vuil is, voor en nadat hulle met kos gewerk het, nadat hulle by die toilet was, nadat hulle buite gespeel het, nadat hulle met die honde gespeel het of nadat hulle sport beoefen het.


argief

  • VERLAAG JOU KANKERRISIKO

    Wetenskaplikes beraam dat 40% van kankergevalle voorkom kan word met gesonder gewoontes.
  • PAMPERLANG JOUSELF

    Niks kom naby die ontspanning van 'n spa-behandeling nie. Skep daarom jou eie tuis, of gaan vir 'n professionele vertroeteling.
  • VERSTERK JOU BINNESTE

    Die sleutel tot n gesonder en gelukkiger jy is om jou immuunsisteem te versterk sodat siektes nie so maklik n houvas op jou kry ni...
  • HOU JOU MOND GESOND

    Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake ’n seer en sensitiewe kwessie is.
  • KRY MEER ENERGIE!

    Jy voel moeg en afgerem, maar het geen idee wat die oorsaak is nie. Volg hierdie ses stappe om seker te maak jy het meer energie.
  • OEFENING AS DEEL VAN JOU ROETINE

    Ons weet ons moet oefen. Maar hoe kom n mens aan die gang? Ons beantwoord al jou vrae om jou te help om van al jou verskonings ...
  • KRY JOU EETLUS ONDER BEHEER!

    Die hoofrede waarom vroue nie by n gesonde eetplan kan bly nie, is ons lus om te peusel. Daar is n rede waarom ons wil peuse...
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]