VERLAAG JOU KANKERRISIKO
Wetenskaplikes beraam dat 40% van kankergevalle voorkom kan word met gesonder gewoontes.
2009-07-10Sarah Ewing
Wetenskaplikes beraam dat 40% van kankergevalle voorkom kan word met gesonder gewoontes.
2009-07-10Sarah Ewing
13 Stappe na ’n gesonde leefstyl:
1: DRINK DAAGLIKS ANTI-OKSIDANTE
Die belangrike anti-oksidante is beta-karoteen, likopeen en vitamiene A en C.
2: HOU JOU GEWIG DOP
Hoe groter ’n vrou se liggaamsvetpersentasie is, hoe groter is haar kanse om kanker te ontwikkel omdat liggaamsvet jou estrogeenvlakke verhoog.
3: OEFEN GEREELD
Mense wat gereeld oefen, het minder liggaamsvet wat weer estrogeenvlakke en ander moontlike kankerproduserende hormone verlaag.
4: EET TIEN AMANDELS
Amandels is ’n goeie bron van die anti-oksidant vitamiene E en een daaglikse dosis kan jou kanse op blaaskanker met 40% verminder.
5: VERHOOG JOU JODIUM-INNAME
Jodium verhoed hipotiroïedisme en jodiumtekort is al in talle studies gekoppel aan borskanker.
6: DRINK GROENTEE
Groentee bevat fenol, natuurlike verbindings wat teen vry-radikale skade beskerm, soos wat anti-oksidante doen.
7: SLUK SELENIUM
Selenium is ’n belangrike anti-oksidant wat die aantal voor-kankerselle verminder wat gevorm word wanneer karsinogeen met DNA verbind.
8: EET MEER SOJA
Wanneer soja-fitogeen met borsweefsel bind, vervang dit jou eie estrogeen en verminder dit die geneigdheid om kankergroei te stimuleer.
9: VERDUUR DIE KNOFFEL
Knoffel bevat ’n natuurlike verbinding genaamd allisien wat karsinogeen kan blokkeer om teikens te bereik en kankerselle kan vernietig.
10: LOS KUNSMATIGE VERSOETERS
Om daardie blikkie dieetkoeldrank te drink kan dalk nie beter vir jou wees as die oorspronklike weergawe nie.
11: WORD ORGANIES
Die voedingsinhoud van organiese kosse is hoër as konvensioneel geproduseerde kosse.
12: HOU OP ROOK
Om op te hou rook verminder jou risiko om kanker te ontwikkel kort nadat
jy stop.
13: VERMY ALKOHOL
Vroue wat gereeld alkohol gebruik, het ’n baie groter risiko om borskanker
te ontwikkel.
argief
VERLAAG JOU KANKERRISIKO
Wetenskaplikes beraam dat 40% van kankergevalle voorkom kan word met gesonder gewoontes.PAMPERLANG JOUSELF
Niks kom naby die ontspanning van 'n spa-behandeling nie. Skep daarom jou eie tuis, of gaan vir 'n professionele vertroeteling.VERSTERK JOU BINNESTE
Die sleutel tot n gesonder en gelukkiger jy is om jou immuunsisteem te versterk sodat siektes nie so maklik n houvas op jou kry ni...HOU JOU MOND GESOND
Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake ’n seer en sensitiewe kwessie is.KRY MEER ENERGIE!
Jy voel moeg en afgerem, maar het geen idee wat die oorsaak is nie. Volg hierdie ses stappe om seker te maak jy het meer energie.OEFENING AS DEEL VAN JOU ROETINE
Ons weet ons moet oefen. Maar hoe kom n mens aan die gang? Ons beantwoord al jou vrae om jou te help om van al jou verskonings ...KRY JOU EETLUS ONDER BEHEER!
Die hoofrede waarom vroue nie by n gesonde eetplan kan bly nie, is ons lus om te peusel. Daar is n rede waarom ons wil peuse...


.jpg)




.jpg)

















