81 PAMPERLANG JOUSELF VOEL GOED tips Articles www.voelgoed.co.za

PAMPERLANG JOUSELF

Niks kom naby die ontspanning van 'n spa-behandeling nie. Skep daarom jou eie tuis, of gaan vir 'n professionele vertroeteling.

2009-05-27Carmen Kirsten

Pamperlang 1: Professioneel

Laat die goed opgeleide skoonheidsterapeute toe om jou te bederf met droombehandelings:

BAD-BEDERF:

Week in ’n luukse laventelpersbad.

HEMELSE KOPMASSERING:

Nadat jou lyf gereinig is, is dit tyd om jou kop te bederf met ’n aromatiese kopmassering.

SIRKULEER MET SEESOUT:


Mineraalryke seesout vanaf die Dooie See word met aromatiese olies gemeng en gebruik om die hele lyf te skrop.

MAGIESE MASSERING:

Die wonders van massering is wetenskaplik bewys en bevorder bloedsirkulasie, is helend, bou die liggaam se immuunstelsel en verlig stres.

Pamperlang 2: By die huis

Skep jou eie stukkie hemel op aarde in die gemak van jou eie badkamer:

TUISBAD-BEDERF:

Maak jou eie badgeur deur een deel droë laventelblommetjies met twee dele hawermout en een deel swart teeblaartjies te meng.  Plaas die droë bestanddele in die middel op ’n klein stukkie vierkantige kaasdoek en bring alle hoekies saam en bind vas met ’n stukkie raffia. Plaas dit in die bad terwyl jy jou badwater intap.

TUIS-MASSERING VIR DIE KOP:

Doen jou eie kop-, nek- en gesigsmassering by die huis om jou hoofpyn, angstigheid en moegheid verlig.

’N TUIS-SOUTSKROP:

Meng ’n halwe koppie vloeistof-gliserien en ’n halwe koppie water en drie koppies tafelsout tot opgelos. Smelt een teelepel klapperbotter of -olie in die mikrogolf-oond. Meng dit by die soutmengsel. Voeg laastens 6 druppels essensiële olie by. Smelt die mengsel weer en laat dit afkoel. Gebruik die mengsel nadat jy klaar gebad het om jou lyf te skrop.

SELF-MASSERING TUIS:

Doen jou eie vollyf-massering, sonder om skaam te voel, in die gemak van jou eie huis.

Kommentaar

gesels saam


argief

  • VERLAAG JOU KANKERRISIKO

    Wetenskaplikes beraam dat 40% van kankergevalle voorkom kan word met gesonder gewoontes.
  • PAMPERLANG JOUSELF

    Niks kom naby die ontspanning van 'n spa-behandeling nie. Skep daarom jou eie tuis, of gaan vir 'n professionele vertroeteling.
  • VERSTERK JOU BINNESTE

    Die sleutel tot n gesonder en gelukkiger jy is om jou immuunsisteem te versterk sodat siektes nie so maklik n houvas op jou kry ni...
  • HOU JOU MOND GESOND

    Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake ’n seer en sensitiewe kwessie is.
  • KRY MEER ENERGIE!

    Jy voel moeg en afgerem, maar het geen idee wat die oorsaak is nie. Volg hierdie ses stappe om seker te maak jy het meer energie.
  • OEFENING AS DEEL VAN JOU ROETINE

    Ons weet ons moet oefen. Maar hoe kom n mens aan die gang? Ons beantwoord al jou vrae om jou te help om van al jou verskonings ...
  • KRY JOU EETLUS ONDER BEHEER!

    Die hoofrede waarom vroue nie by n gesonde eetplan kan bly nie, is ons lus om te peusel. Daar is n rede waarom ons wil peuse...