VERSTERK JOU BINNESTE
Die sleutel tot ’n gesonder en gelukkiger jy is om jou immuunsisteem te versterk sodat siektes nie so maklik ’n houvas op jou kry nie.
2009-04-08Annelie Van Jaarsveld
Die sleutel tot ’n gesonder en gelukkiger jy is om jou immuunsisteem te versterk sodat siektes nie so maklik ’n houvas op jou kry nie.
2009-04-08Annelie Van Jaarsveld
Ken hierdie drie gesondheidsfeite:
FEIT 1: JY IS WAT JY EET
’n Goed gebalanseerde proteïen- en laevetdieet, met vette wat verkry word uit sade en neute, gekombineer met vars vrugte en groente, ryk aan vitamiene en minerale, bou immuniteit en hou jou gesond.
Die volgende voedselsoorte versterk die immuunsisteem:
- wat vitamien C bevat,
- ryk aan betakaroteen,
- wat omega-3-vetsure bevat,
- wat sink bevat.
FEIT 2: DIE REGTE AANVULLING IS NOODSAAKLIK
Indien jy dalk nie ’n gebalanseerde dieet volg nie, is dit raadsaam om aanvullings te gebruik. Daar is verskeie produkte, maar dis belangrik om seker te maak dat dié wat jy kies vitamien C, betakaroteen en spoorelemente soos sink en selenium, bevat.
Nuttige aanvullings is die volgende:
- ’n Goeie multivitamien en mineraal.
- Anti-oksidante
- Vitamien C, ’n verfrissende lemoendrankie soggens
- Echinacea
- Spirulina
- Probiotika wat lactobacilli en bifidobakterieë bevat.
FEIT 3: SONDER PROBIOTIKA KAN JY NIE
Om gesond te wees, is ’n balans van gesonde mikroflora in jou spysverteringskanaal nodig aangesien dit jou immuunsisteem versterk en infeksies bestry. Probiotika is die goeie bakterieë wat hierdie balans herstel. Jy het probiotika nodig wanneer jy ’n Infeksie het, soos ’n seer keel of ’n blaasinfeksie; Voedselvergiftiging, diarree of prikkelbare dermsindroom het; Aan Crohn se siekte of dikdermontsteking ly; Kanker het, veral maagkanker; Hardlywig is; antibiotika gebruik; ’n operasie gehad het; en aan langdurige stres blootgestel word.
Voedselsoorte wat probiotika bevat:
- Suiwelprodukte – joghurt en maaskaas.
- Groente - suurkool en piekels.
- Sojaprodukte - tofu en sojajoghurt.
- Druiweprodukte – wyn.
- Koring- of rogprodukte - suurdeegbrood.
argief
VERLAAG JOU KANKERRISIKO
Wetenskaplikes beraam dat 40% van kankergevalle voorkom kan word met gesonder gewoontes.PAMPERLANG JOUSELF
Niks kom naby die ontspanning van 'n spa-behandeling nie. Skep daarom jou eie tuis, of gaan vir 'n professionele vertroeteling.VERSTERK JOU BINNESTE
Die sleutel tot n gesonder en gelukkiger jy is om jou immuunsisteem te versterk sodat siektes nie so maklik n houvas op jou kry ni...HOU JOU MOND GESOND
Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake ’n seer en sensitiewe kwessie is.KRY MEER ENERGIE!
Jy voel moeg en afgerem, maar het geen idee wat die oorsaak is nie. Volg hierdie ses stappe om seker te maak jy het meer energie.OEFENING AS DEEL VAN JOU ROETINE
Ons weet ons moet oefen. Maar hoe kom n mens aan die gang? Ons beantwoord al jou vrae om jou te help om van al jou verskonings ...KRY JOU EETLUS ONDER BEHEER!
Die hoofrede waarom vroue nie by n gesonde eetplan kan bly nie, is ons lus om te peusel. Daar is n rede waarom ons wil peuse...


.jpg)




.jpg)

















