VOED MET VERSKEIDENHEID
Volgens navorsing het ’n mens daagliks ongeveer 40 verskillende voedingstowwe nodig vir die instandhouding van liggaamsfunksies. Dit sluit in koolhidrate, proteïene, vet, vitamiene en minerale. Die maklikste manier om te sorg dat jy al hierdie voedingstowwe inkry, is om ’n verskeidenheid kossoorte te eet.
2010-05-07
Volgens navorsing het ’n mens daagliks ongeveer 40 verskillende voedingstowwe nodig vir die instandhouding van liggaamsfunksies. Dit sluit in koolhidrate, proteïene, vet, vitamiene en minerale. Die maklikste manier om te sorg dat jy al hierdie voedingstowwe inkry, is om ’n verskeidenheid kossoorte te eet.
2010-05-07
Jy sal ook agterkom dat wanneer jy geleer het om na jou liggaam te luister, jou liggaam nooit drie weke aaneen net sjokolade of tunaslaai of pasta sal vra nie. Jou liggaam sal verskeidenheid vra en dis presies wat jy hom moet geen. Eet verskillende tipes kos uit al die verskillende voedselgroepe.
Hoe wyer die verskeidenheid kos wat jy eet, hoe beter is jou inname van voedingstowwe en hoe kleiner is die kans op voedingsgebreke. Minder voedingsgebreke beteken ook minder cravings of giere vir spesifieke items.
Kos in sy natuurlikste vorm soos varsvrugte, groente, kruie, neute, grane asook melk, vis, hoender en selfs rooivleis voed jou liggaam, solank dit gebruik word op aanvraag van ons natuurlike honger- en dorsseine en ons dit nie oordryf nie.
Daar is ook nog talle onontdekte stowwe in voedsel wat ’n mens se liggaam nodig het. Daarom kan ons nooit ’n ontoereikende of ongebalanseerde dieet probeer regverdig deur te sê: “Maar ek drink mos my vitamienpilletjie!” nie. Beter eetgewoontes saam met gereelde oefening is een van die belangrikste hoekstene vir ’n gesonde liggaam. Vitamienaanvullings kan ook skadelik wees as dit nie volgens jou spesifieke behoeftes bepaal word nie. Bespreek die gebruik daarvan altyd met ’n dieetkundige, veral as jy slegs enkele vitamiene of minerale wil aanvul, omdat:
• vetoplosbare vitamiene (vitamien A, D, E en K) in hoë dosisse giftig is
• te veel van een vitamien of mineraal die absorpsie van ’n ander kan belemmer
• groot hoeveelhede van die wateroplosbare vitamiene in die urine uitgeskei word en dit dus ’n ekstra lading op die niere plaas (waarom vir vitamienryke urine betaal?)
• die regte tipe aanvulling van kardinale belang is; nie alle handelsmerke se absorpsie is ewe goed nie en as dit nie geabsorbeer word nie, kan dit nie deur jou liggaam benut word nie
• dit onnodig geld uit jou sak kan jaag.
Linda Kriel, Venessa Schoeman en Rassie van Niekerk
argief
HANDHAAF JOU GEWIG
Elke ding het sy tyd. Die afgelope twee weke was dit tyd vir jolyt. Nou het die oomblik aangebreek om weer in jou klere te pas.MOOI MIDDEL, FERM BENE
Ferm maagspiere verbeter jou postuur en voorkom laerugprobleme.BLY VIETS EN FIKS
'n Gesonde lewenstyl bestaan nie net uit goeie eetgewoontes of genoeg oefening nie, maar uit 'n gebalanseerde kombinasie van die t...VISUALISEER SUKSES
Die meeste mense wat probeer om gewig te verloor, sit op hulle eie en dan dink hulle aan alles waarvan hulle baie hou en wat hulle...VERLOOR EEN KILOGRAM SÓ
Om een kilogram te verloor moet jy 7700 kalorieë uit jou dieet sny of deur oefening verbrand.BESEF HOE BELANGRIK OEFENING IS
Met oefening skei jy endorfiene af wat oefening lekker laat voel, maar dit neem ongeveer twintig minute van oefening voordat die e...ONTDEK DIE GEVARE VAN KETOSE
Ek moet goed in my lewe inbou wat vir my lekker is en nie net goed insluit wat ek moet doen nie.ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (2)
Dit is ons eie skuld dat die lewe 'n oorlewingstryd is, want ons skep 'n klomp moets en moenies vir onsself. Ons verwag nie beter ...ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (1)
Dit is belangrik om drome te hê. As jy nie drome het nie, sê dit dat jy jou lewe sien as so goed soos wat dit kan wees. Jy a...VERSTAAN DIE POSITIEWE EFFEK VAN KOS
Wat mense van jou dink en sê, is vir jou baie belangrik. Jy het 'n intense soeke na aanvaarding. Jy sukkel om mense te vertrou.


.jpg)




.jpg)

















