61 HANDHAAF JOU GEWIG gewig TIPS Articles www.voelgoed.co.za

HANDHAAF JOU GEWIG

HANDHAAF JOU GEWIG

Elke ding het sy tyd. Die afgelope twee weke was dit tyd vir jolyt. Nou het die oomblik aangebreek om weer in jou klere te pas.

2010-04-01Izelle Venter

WENK 1: BLY WEG VAN DIE “QUICK-FIX
•    Vermy in die eerste plek hoë-proteïen-diëte. Hoewel jy vinnig gewig verloor, veroorsaak dit ’n geweldige hoeveelheid spierafbreking.
•    Jy lyk en voel dus beter, maar in der waarheid het jy nie vet verloor nie. 
•    Vet en proteïene word as energiebron benut, jou insulienweerstand klim en binne ’n week is jy pre-diabeties.
•    Begin eerder gebalanseerd gesond eet.

WENK 2: GOOI DIE SKAAL UIT

•    Skuif die skaal opsy. 
•    Konsentreer eerder op sentimeters. Hoewel brood, aartappels, rys en pasta swaar voel, verbrand jy 74% daarvan byna dadelik.
•    Dit is ook verkieslik om proteïen en koolhidrate te skei.

WENK 3: WEET BOTTER IS GIFTIG
•    Die groot geheim is om weg te bly van vet, waaronder botter.
•    Boonop bou vet ’n weerstand soos min dinge.
•    Vet kan afgebreek word met intensiewe oefening en die drink van genoeg water.

WENK 4: DINK TWEE KEER OOR VETVERBRANDERS
•    Vetverbranders is nie altyd ongesond nie.
•    Mense wat regtig met gewigsverlies sukkel en die middels verantwoordelik gebruik, sal daarby baat.
•    Dit is egter in baie gevalle nie die dieetpille wat werk nie, dit word bloot gebruik om boodskappe na die brein te stuur dat jy versadig is, terwyl jou liggaam soms eintlik nog kos nodig het.
•    Eet verkieslik gesond en doen oefening.

WENK 5: OORWEEG DETOKSIFIKASIE
•    Die doeltreffendste manier om te detoksifiseer is met vrugte.
•    Eet vir drie dae lank heeldag enige vrugte wat jy in die hande kan kry en drink soveel water as wat jy kan.
•    Vermy daarna vir ’n week lank vleis, maar kry proteïene in met laevet-kase en eiers.

argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]