61 HANDHAAF JOU GEWIG gewig TIPS Articles www.voelgoed.co.za

HANDHAAF JOU GEWIG

HANDHAAF JOU GEWIG

Elke ding het sy tyd. Die afgelope twee weke was dit tyd vir jolyt. Nou het die oomblik aangebreek om weer in jou klere te pas.

2010-04-01Izelle Venter

WENK 1: BLY WEG VAN DIE “QUICK-FIX
•    Vermy in die eerste plek hoë-proteïen-diëte. Hoewel jy vinnig gewig verloor, veroorsaak dit ’n geweldige hoeveelheid spierafbreking.
•    Jy lyk en voel dus beter, maar in der waarheid het jy nie vet verloor nie. 
•    Vet en proteïene word as energiebron benut, jou insulienweerstand klim en binne ’n week is jy pre-diabeties.
•    Begin eerder gebalanseerd gesond eet.

WENK 2: GOOI DIE SKAAL UIT

•    Skuif die skaal opsy. 
•    Konsentreer eerder op sentimeters. Hoewel brood, aartappels, rys en pasta swaar voel, verbrand jy 74% daarvan byna dadelik.
•    Dit is ook verkieslik om proteïen en koolhidrate te skei.

WENK 3: WEET BOTTER IS GIFTIG
•    Die groot geheim is om weg te bly van vet, waaronder botter.
•    Boonop bou vet ’n weerstand soos min dinge.
•    Vet kan afgebreek word met intensiewe oefening en die drink van genoeg water.

WENK 4: DINK TWEE KEER OOR VETVERBRANDERS
•    Vetverbranders is nie altyd ongesond nie.
•    Mense wat regtig met gewigsverlies sukkel en die middels verantwoordelik gebruik, sal daarby baat.
•    Dit is egter in baie gevalle nie die dieetpille wat werk nie, dit word bloot gebruik om boodskappe na die brein te stuur dat jy versadig is, terwyl jou liggaam soms eintlik nog kos nodig het.
•    Eet verkieslik gesond en doen oefening.

WENK 5: OORWEEG DETOKSIFIKASIE
•    Die doeltreffendste manier om te detoksifiseer is met vrugte.
•    Eet vir drie dae lank heeldag enige vrugte wat jy in die hande kan kry en drink soveel water as wat jy kan.
•    Vermy daarna vir ’n week lank vleis, maar kry proteïene in met laevet-kase en eiers.

Kommentaar
  • Ek is bly om te hoor van Brood, Rys, Aartappels & Pasta MAAR onthou net, slegs VOLGRAAN produkte gaan daardie goeie effek he !!!
  • by die detoksifiseer, is piesangs ook toegelaat? en druiwe? en droee vrugte?
  • ek het so gewig op getel en nou pas ek nie in my jeans nie, ek wil goedvoel in my jeans, ek oefen gereeld maar sukkel om by 'n dieet te bly. Ek wil 'n dieet volg wat my man ook kan volg want hy is so anti dieet dis net nie waar nie, dieet is duur is daar dalk 'n goedkoop dieet m voor te stel
  • als klink altyd so maklik..eks 60 kry nie vreeslik oefening moet minstens 10kg verloor help
  • HIER IS NET WENKE! WAAR IS DIE DIEET PLAN?? HELP ASB!! EK MOET DRINGEND GEWIG VERLOOR!!
  • Het iemand miskien die dieet wat januarie 2009 in die Finesse verskyn het, dit het gese jy moet na die website toe gaan maar ek sien niks nie
  • ek is 50 en in my menopausse het omtrent 10kg opgetel en sukkel geweldig om te verloor is op HT Angelique - niks pas meer nie en ek kry nie klere waarin ek goed voel nie - watse dieet sal vir my werk om regtig gewig te verloor.
  • Éks 36 het 'n peuter van 20 maande, sukkel om 20 kg af te skud. Ek werk voltyds, het in Feb by die gym aangesluit maar kom nooit daaruit nie, weens die ander kinders en my voltydse werk. HELP ASSEBLIEF.

gesels saam


argief