61 MOOI MIDDEL, FERM BENE gewig TIPS Articles www.voelgoed.co.za

MOOI MIDDEL, FERM BENE

MOOI MIDDEL, FERM BENE

Ferm maagspiere verbeter jou postuur en voorkom laerugprobleme.

2009-11-02Linda Kriel

Oefening 1 en 2 is gemik op die spiere aan die kante van die maag wat diagonaal na onder loop en die kurwe van jou middellyf vorm. Oefening 3 maak die agterbobene, die vierkopspier (kwadriseps) aan die voorkant van die bobene, die binnebene en selfs die boude ferm.

1 Maag

Sit op die vloer met jou bene wyd oop. Hou jou rug regop en maag ingetrek. Plaas jou linkerhand op jou linkerbobeen. Draai jou bolyf na links, leun vooroor vanuit die middellyf en strek jou regterarm na jou linkervoet uit. Keer terug na die beginposisie deur jou regterhand na jou regterbobeen terug te bring sodat jou skouers weer vorentoe wys. Herhaal.

2 Maag (middellyf)

Lê op jou rug met jou regtervoet op ’n stoel of bankie sodat ’n hoek van 90° tussen die bobeen en die heup vorm. Kruis jou linkervoet oor jou regterknie. Hou jou regterhand agter jou kop en jou linkerarm uitgestrek na die kant. Lig nou jou regterskouer skuins op in die rigting van jou linkerknie. Laat sak stadig en herhaal ’n paar keer. Herhaal met jou regtervoet oor jou linkerknie gekruis.

3 Hurk vorentoe

Hou met jou een hand aan ’n stoel of tafel vas. Staan regop, met jou voete bymekaar. Gee nou met jou regterbeen ’n lang tree vorentoe en land sag met die hak eerste sodat albei jou knieë 90° gebuig is. Jou regterbeen moet dus parallel met die grond wees en die knie moet reg bokant die middel van jou voet wees – dit mag nie by die tone verby steek nie. Die knie van die agterste been (wat ook 90° gebuig is), wys af na die grond. Hou jou rug heeltyd regop, moenie vooroor leun nie. Stoot jouself nou met jou regterbeen terug na die staande posisie (beginposisie).

 

LINDA KRIEL, VENESSA SCHOEMAN & RASSIE VAN NIEKERK

Kommentaar
  • ek oefen 3 keer n week vir n uur met gewigte en daar sonder doen ook dans oefening ek is 44 jaar oud en bietjie oorgewig my probleem is dat ek so stadig gewig op tel watter oefening kan ek nog doen ek hou daarvan om te oefen dit laat my baie goed voel ek is net in die aande baie baie moeg ek wil graag verm word en ligter weeg
  • Hi

    Watter oefeninge moet een doen om jou bene sterk te kry vir fietsry. Die opdraandes is nogal uitputtend en dan is al jou kragte op om verder te ry.

    Dankie baie
  • ek is n 46 jaar oud,weeg 70 is omtrent 1,6m lank,wat kan ek doen om my maag spriere styf te kry,ek het so los vet wat ek nie kan onslae raak nie.

gesels saam


argief