BLY VIETS EN FIKS
'n Gesonde lewenstyl bestaan nie net uit goeie eetgewoontes of genoeg oefening nie, maar uit 'n gebalanseerde kombinasie van die twee …
2009-10-07Linda Kriel
'n Gesonde lewenstyl bestaan nie net uit goeie eetgewoontes of genoeg oefening nie, maar uit 'n gebalanseerde kombinasie van die twee …
2009-10-07Linda Kriel
Hier is ’n paar wenke om jou viets en fiks te hou:
WENK 1: Vergeet van ’n kitsdieet
Kitsdiëte verskaf minder as 4200 kilojoules per dag of fokus slegs op een of twee voedselgroepe – soos ’n rysdieet, druiwedieet of hoëproteïen-dieet. Natuurlike voedsel, onder meer groente, vrugte en grane, behoort nie uit jou dieet weggelaat te word nie. Natuurlike kos bevat duisende voedingstowwe wat jou liggaam nodig het.
WENK 2: Sit die munchies ore aan
’n Mens raak dikwels lus om iets te eet omdat jou liggaam ’n behoefte het aan meer vog. Probeer om eerder ’n glas water te drink voordat jy sommer in die yskas invaar! Gebruik hierdie formule om te bepaal hoeveel glase water jy per dag moet inneem:
gewig (kg) x 2,2 = y
y/22 = z – die aantal glase (250 ml) per 24 uur.
WENK 3: Wikkel daai middeltjie!
1 Sit op die vloer met jou bene wyd oop. Hou jou rug regop en maag ingetrek. Plaas jou linkerhand op jou linkerbobeen. Draai jou bolyf na links, leun vooroor vanuit die middellyf en strek jou regterarm na jou linkervoet uit. Keer terug na die beginposisie deur jou regterhand na jou regterbobeen terug te bring sodat jou skouers weer vorentoe wys. Herhaal.
2 Lê op jou rug met jou regtervoet op ’n stoel of bankie sodat ’n hoek van 90° tussen jou bobeen en jou heup vorm. Kruis jou linkervoet oor jou regterknie. Hou jou regterhand agter jou kop en jou linkerarm na die kant uitgestrek. Lig nou jou regterskouer skuins op in die rigting van jou linkerknie. Laat sak stadig en herhaal ’n paar keer. Herhaal met jou regtervoet oor jou linkerknie gekruis.
argief
HANDHAAF JOU GEWIG
Elke ding het sy tyd. Die afgelope twee weke was dit tyd vir jolyt. Nou het die oomblik aangebreek om weer in jou klere te pas.MOOI MIDDEL, FERM BENE
Ferm maagspiere verbeter jou postuur en voorkom laerugprobleme.BLY VIETS EN FIKS
'n Gesonde lewenstyl bestaan nie net uit goeie eetgewoontes of genoeg oefening nie, maar uit 'n gebalanseerde kombinasie van die t...VISUALISEER SUKSES
Die meeste mense wat probeer om gewig te verloor, sit op hulle eie en dan dink hulle aan alles waarvan hulle baie hou en wat hulle...VERLOOR EEN KILOGRAM SÓ
Om een kilogram te verloor moet jy 7700 kalorieë uit jou dieet sny of deur oefening verbrand.BESEF HOE BELANGRIK OEFENING IS
Met oefening skei jy endorfiene af wat oefening lekker laat voel, maar dit neem ongeveer twintig minute van oefening voordat die e...ONTDEK DIE GEVARE VAN KETOSE
Ek moet goed in my lewe inbou wat vir my lekker is en nie net goed insluit wat ek moet doen nie.ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (2)
Dit is ons eie skuld dat die lewe 'n oorlewingstryd is, want ons skep 'n klomp moets en moenies vir onsself. Ons verwag nie beter ...ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (1)
Dit is belangrik om drome te hê. As jy nie drome het nie, sê dit dat jy jou lewe sien as so goed soos wat dit kan wees. Jy a...VERSTAAN DIE POSITIEWE EFFEK VAN KOS
Wat mense van jou dink en sê, is vir jou baie belangrik. Jy het 'n intense soeke na aanvaarding. Jy sukkel om mense te vertrou.


.jpg)




.jpg)

















