61 VISUALISEER SUKSES gewig TIPS Articles www.voelgoed.co.za

VISUALISEER SUKSES

VISUALISEER SUKSES

Die meeste mense wat probeer om gewig te verloor, sit op hulle eie en dan dink hulle aan alles waarvan hulle baie hou en wat hulle nie mag eet terwyl hulle op 'n dieet is nie.

2009-09-01Lorette Dye

Jy moet weet ...
... visualisering is baie belangrik.
Die meeste mense wat probeer om gewig te verloor, sit op hulle eie en dan dink hulle aan alles waarvan hulle baie hou en wat hulle nie mag eet terwyl hulle op 'n dieet is nie. Verskuif jou denke en jou fokus na alternatiewe. Visualiseer dinge wat jy kan eet en wat goed is vir jou of dink aan ander dinge wat jou fokus van kos sal afhaal.

Om jou kinderjare te oorkom moet jy ...

... vergewe.
Dit is onmoontlik om dit wat agter is, agter te laat as jy nie kan vergewe nie. Om alles wat aan jou gedoen is saam te dra, is soos 'n swaar pak klippe wat jy in jou rugsak saamdra wanneer jy op 'n staptoer gaan. Dit mag waar wees dat jy werklik benadeel is en dat jy wonde daarvan oorgehou het, maar slegs deur dit te laat gaan, kan jy genesing ervaar. Vergewe die mense wat dit aan jou gedoen het, vergewe jouself en gee dit oor aan God.

Die rol van emosies is ...

Om harmonie te kry tussen jou emosies, denke en gedrag moet jy jouself effektief handhaaf. Om dit reg te kry moet jy:
•    Die ander party se emosies erken.
•    Jou posisie met selfvertroue bekend maak, sonder enige aggressie.
•    Nee sê as dit is wat jy eintlik wil sê.
•    Jou tyd neem om te reageer.
•    Nie jammer sê of verskonings maak nie.
•    Nie jouself of ander minderwaardig laat voel nie
•    Spesifiek wees, moenie vaag wees en dinge sê soos "Ek wil eintlik nie, maar miskien sal ek".
•    Let op jou stemtoon en jou liggaamstaal.
•    Nie skuldig voel nie.
•    Dit hanteer indien jy 'n negatiewe reaksie terugkry.

Jy dink ...
Ek moet dit regkry, ek moet maer word!

Jy moet dink ...
Ek sal dit regkry, al loop ek nie die perfekte pad nie, ek hoef nie druk op myself te plaas nie, want ek glo in myself en ek weet ek sal by my doelwit uitkom.
As jy druk op jouself plaas, bereik jy niks behalwe om dit vir jouself moeiliker te maak nie. Haal diep asem, sit terug en weet jy kan dit doen.

Doen nou ...

Maak 'n fotoplakboek van jou reis. Dit hoef nie duur te kos nie, dit hoef ook nie op 'n sekere voorgeskrewe manier te wees nie. Doen dit vir jouself. Sit foto's van jouself, van tye wat jy saam mense gekuier het en van jou goeie en slegte oomblikke daarin. Lag bietjie vir jouself, lag vir ander deur wat jy skryf en sit dalk selfs 'n paar spotprente by. Skryf neer hoe jy al hoe nader aan jou doelgewig kom, maar fokus veral op jou reis. Skryf oor jou emosies, jou ervarings en jou veranderinge – innerlik en uiterlik. Gebruik dit om te ontlaai, jou veranderinge te monitor en om jouself te motiveer.

 

argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]