VERLOOR EEN KILOGRAM SÓ
Om een kilogram te verloor moet jy 7700 kalorieë uit jou dieet sny of deur oefening verbrand.
2009-07-10Lorette Dye
Om een kilogram te verloor moet jy 7700 kalorieë uit jou dieet sny of deur oefening verbrand.
2009-07-10Lorette Dye
Jy moet weet ...
Om een kilogram te verloor moet jy 7700 kalorieë uit jou dieet sny of deur oefening verbrand.
Doen nou ...
EETPLAN
Gaan voort met jou eetplan, maar voeg sekere voedselsoorte by en laat ander weg.
Die belangrikheid van proteïene is:
Proteïene is die boublokke van die menslike liggaam. Die selle van ons bene, spiere, vel, naels, hare en elke ander weefsel word opgebou uit proteïene, As jy wit kolle op jou naels het, of jou hare maklik breek en glansloos is, kan dit wees omdat jy nie genoeg proteïene inkry nie.
Jy moet weet:
Vette in kos is iemand wat dieet se ewige vyand. Vet het 'n baie hoë energiewaarde: 1g vet bevat 9 kalorieë, meer as twee keer soveel soos 1g gram koolhidrate of proteïene. Die vet wat uit kos opgeneem word, word net afgebreek en verbruik wanneer die ander energiebronne – koolhidrate en proteïene – uitgeput is. As al die vet in die liggaam in energie omgesit word nie, word eenvoudig net in die liggaam se vetstore geberg. Hoë vetinname, sal dus 'n gewigstoename tot gevolg hê.
Daar is twee tipes vette – versadigde vette en onversadigde vette. Die meeste versadigde vette kom van diere af, alhoewel sommiges, soos kokosolie en palmolie, van plante afkomstig is. Uitgebraaide vet, varkvet, botter, room en kaas bevat almal versadigde vette. Onversadigde vette kom voor in baie groente-, neut- en visolies en verhoog nie jou cholestorolvlakke nie. Daar word ook gereken dat sommige van hulle jou risiko vir hartsiektes laat afneem. Olyfolie, neute en sade en olierige vis, soos makriel en haring word veral aanbeveel omdat hulle gesonde omega 3- en omega 6-vetsure bevat.
OEFENPROGRAM
Hou vol met jou oefenprogram. Die enigste veranderinge is dat jy bietjie swaarder gewigte moet gebruik en terwyl jy stap moet poog om jou spoed nog meer op te tel.
PROJEK
Indien jy 'n roker is, moet jy probeer om minder te rook en uiteindelik op te hou. Oppas om nie meer te eet tydens die oorgangstyd nie.
argief
MOOI MIDDEL, FERM BENE
Ferm maagspiere verbeter jou postuur en voorkom laerugprobleme.BLY VIETS EN FIKS
'n Gesonde lewenstyl bestaan nie net uit goeie eetgewoontes of genoeg oefening nie, maar uit 'n gebalanseerde kombinasie van die t...VISUALISEER SUKSES
Die meeste mense wat probeer om gewig te verloor, sit op hulle eie en dan dink hulle aan alles waarvan hulle baie hou en wat hulle...VERLOOR EEN KILOGRAM SÓ
Om een kilogram te verloor moet jy 7700 kalorieë uit jou dieet sny of deur oefening verbrand.BESEF HOE BELANGRIK OEFENING IS
Met oefening skei jy endorfiene af wat oefening lekker laat voel, maar dit neem ongeveer twintig minute van oefening voordat die e...ONTDEK DIE GEVARE VAN KETOSE
Ek moet goed in my lewe inbou wat vir my lekker is en nie net goed insluit wat ek moet doen nie.ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (2)
Dit is ons eie skuld dat die lewe 'n oorlewingstryd is, want ons skep 'n klomp moets en moenies vir onsself. Ons verwag nie beter ...ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (1)
Dit is belangrik om drome te hê. As jy nie drome het nie, sê dit dat jy jou lewe sien as so goed soos wat dit kan wees. Jy a...VERSTAAN DIE POSITIEWE EFFEK VAN KOS
Wat mense van jou dink en sê, is vir jou baie belangrik. Jy het 'n intense soeke na aanvaarding. Jy sukkel om mense te vertrou.KRY ’N DUIDELIKE DOELWIT (2)
Hoe eenvoudiger jy jou kos voorberei en hoe eenvoudiger die kos is wat jy eet, hoe meer kan jy eet in 'n dag, want jy spaar op ka...























