BESEF HOE BELANGRIK OEFENING IS
Met oefening skei jy endorfiene af wat oefening lekker laat voel, maar dit neem ongeveer twintig minute van oefening voordat die endorfiene afgeskei word.
2009-06-26Lorette Dye
Met oefening skei jy endorfiene af wat oefening lekker laat voel, maar dit neem ongeveer twintig minute van oefening voordat die endorfiene afgeskei word.
2009-06-26Lorette Dye
Jy moet weet ...
Die meeste oefening wat party mense kry, is om van een stoel na 'n ander te loop en dan te sê dat hulle aktief is. Gewigsverlies gaan net soveel oor oefening as ook kos. Met oefening skei jy endorfiene af wat oefening lekker laat voel, maar dit neem ongeveer twintig minute van oefening voordat die endorfiene afgeskei word. As jy nog nooit geoefen het nie, klink dit dalk moeilik, maar as jy eers aan die gang is, raak dit al hoe makliker.
Tydens jou kinderjare het jy geleer ...
... jy moet anders moet wees as wat jy is.
Jy is miskien 'n introvert, maar jou ouers het jou deurentyd gedruk om soos 'n ekstrovert te wees.
Dit het veroorsaak ...
... dat jy nie in jouself glo of jou oordeel vertrou nie.
Jy het baie vrese en selfs angs. Jy erken nie jou eie behoeftes nie en dink in terme van alles-of-niks en wat-as ...? Jy glo nie in onvoorwaardelike liefde nie en het 'n vrees vir mislukking.
Die rol van emosies is ...
Beheer oor jou emosies is nog 'n belangrike aspek. Dit is belangrik om nie jou emosies te onderdruk nie. Onderdrukte emosies vat baie energie. Oefen om jou emosies te aanvaar, al is dit nie rasioneel of logies nie. Gee jouself toestemming om kwaad, omgekrap of hartseer te voel. Om die emosie te voel, is altyd aanvaarbaar. Jou gedrag as 'n reaksie op die emosie, is egter nie altyd aanvaarbaar nie en moet gemonitor word. Hou op om te sê "Dit is maar hoe ek is, as ek kwaad word, word ek baie kwaad". Jou reaksie op jou emosies is 'n keuse. Jy kan kies hoe jy gaan optree en jy kan dit beheer.
Jy dink ...
Ek gaan liewers nie probeer nie, want ek gaan dit in elk geval nie regkry nie.
Jy moet dink ...
Ek kan dit doen as ek werklik besluit dat ek dit gaan doen.
Dit is sleg om 'n vrees vir mislukking te hê en daarom glad nie te probeer nie of om iets halfhartig te probeer. As jy negatief is en dink jy gaan dit nooit regkry om gewig te verloor nie, gaan jy nie. Mense wat so dink, hou op met 'n eetplan en gee hulleself oor aan kos. En as hulle op 'n dieet is, sê hulle dit nie vir ander mense nie, want miskien is hulle nie suksesvol nie en dan is dit 'n groot verleentheid. Jou selftwyfel lei tot mislukking.
Doen nou ...
• Skryf neer waar daar onversoenlikheid in jou lewe is. Dit sluit ook in as jy jouself nie vir sekere dinge nie vergewe het nie. Miskien is dit jou gewese maat, miskien jou ma of pa, ander familielede, ou vriende of vennote. Ondersoek ook jouself, miskien sukkel jy om jouself te vergewe oor 'n kind wat dood is, omdat jy iemand vertrou het, omdat jy 'n slegte finansiële besluit gemaak het of dalk selfs omdat jy oorgewig is.
• Skryf nou aan elkeen 'n brief, ook aan jouself. Verduidelik jou ervaring, jou emosies en waarom jy so voel. Sê enigiets wat jy wil, skryf aan die einde dat jy besluit het om te vergewe en om dit wat gebeur het agter jou te plaas.
• Maak 'n vuur buite, by die braai of by die kaggel of gebruik sommer 'n kers. Verbrand die briewe een vir een en voel hoe al die emosies wat jy teen die persoon of teen jouself gehou het, saam met die woorde op die papier verdwyn.
argief
MOOI MIDDEL, FERM BENE
Ferm maagspiere verbeter jou postuur en voorkom laerugprobleme.BLY VIETS EN FIKS
'n Gesonde lewenstyl bestaan nie net uit goeie eetgewoontes of genoeg oefening nie, maar uit 'n gebalanseerde kombinasie van die t...VISUALISEER SUKSES
Die meeste mense wat probeer om gewig te verloor, sit op hulle eie en dan dink hulle aan alles waarvan hulle baie hou en wat hulle...VERLOOR EEN KILOGRAM SÓ
Om een kilogram te verloor moet jy 7700 kalorieë uit jou dieet sny of deur oefening verbrand.BESEF HOE BELANGRIK OEFENING IS
Met oefening skei jy endorfiene af wat oefening lekker laat voel, maar dit neem ongeveer twintig minute van oefening voordat die e...ONTDEK DIE GEVARE VAN KETOSE
Ek moet goed in my lewe inbou wat vir my lekker is en nie net goed insluit wat ek moet doen nie.ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (2)
Dit is ons eie skuld dat die lewe 'n oorlewingstryd is, want ons skep 'n klomp moets en moenies vir onsself. Ons verwag nie beter ...ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (1)
Dit is belangrik om drome te hê. As jy nie drome het nie, sê dit dat jy jou lewe sien as so goed soos wat dit kan wees. Jy a...VERSTAAN DIE POSITIEWE EFFEK VAN KOS
Wat mense van jou dink en sê, is vir jou baie belangrik. Jy het 'n intense soeke na aanvaarding. Jy sukkel om mense te vertrou.KRY ’N DUIDELIKE DOELWIT (2)
Hoe eenvoudiger jy jou kos voorberei en hoe eenvoudiger die kos is wat jy eet, hoe meer kan jy eet in 'n dag, want jy spaar op ka...























