ONTDEK DIE GEVARE VAN KETOSE
Ek moet goed in my lewe inbou wat vir my lekker is en nie net goed insluit wat ek moet doen nie.
2009-06-26Lorette Dye
Ek moet goed in my lewe inbou wat vir my lekker is en nie net goed insluit wat ek moet doen nie.
2009-06-26Lorette Dye
Jy moet weet ...
Ketose is gevaarlik vir jou gesondheid. Dit is wanneer jou liggaam nie voldoende energie (petrol) inkry om homself in stand te hou nie. As dit gebeur, moet jou liggaam iewers vandaan die energie bekom en die enigste bron is die vet- en spierselle. Wat dus gebeur, is dat die liggaam homself begin opeet. Dit is waarom ons op hongersnooddiëte wel kilogramme verloor, maar sodra ons begin eet, dan gryp die liggaam al die kos wat hy kan kry en hy spaar dit.
'n Maklike manier om te weet wanneer jou liggaam in ketose gaan, is as jy 'n ystersmaak in jou mond kry. Verder voel jy baie moeg en jy verloor heeltemal jou eetlus. Dit is die punt waar mense kom wat aan anoreksie lei. Dit lei daartoe dat jy nie kos in die gesig kan kyk nie, al wil jy. Dit mag dalk na 'n aantreklike plek klink om te wees, maar dit is gevaarlik vir jou liggaam en jou optimale funksionering. Kies eerder die stadiger, maar gesonde manier om gewig te verloor.
Tydens jou kinderjare is jy ...
... fisies mishandel.
Jou ouers het jou gereeld geslaan met verskillende voorwerpe, meestal was dit onregverdig en was dit nie vir jou moontlik om dit te vermy nie.
Dit het veroorsaak dat ...
... jy baie beskermingsmeganismes het om mense op 'n afstand te hou.
Jy is hard en dit raak jou nie werklik as ander swaarkry of seerkry nie. Jy het baie onderdrukte of openlike aggressie. Emosioneel voel jy afgestomp en dit is vir jou moeilik om jou emosies te erken. Jy het min lewensvaardighede.
Die rol van emosies is ...
Nog 'n aspek van emosionele intelligensie is die vermoë om jou emosies toepaslik uit te druk. Om die emosie uit te druk wat jy werklik voel, is vir die meeste mense baie moeilik omdat dit jou blootgestel laat voel. Ons is bang vir die ander party se reaksie, juis omdat ons so sensitief is oor dit wat ons sê. Dit veroorsaak dat die meeste mense stilbly oor wat hulle werklik voel, maar maklik emosioneel raak oor dinge wat nie so na aan hulle hart is nie. Die uitdaging is om dit reg te kry om oor die dinge te praat wat werklik vir ons saak maak, anders is daar 'n groot mate van selfontkenning.
Jy dink ...
Ek kan nie dit vir myself gun om lekker dinge te doen nie. My gesin en kinders kom eerste, ek moet al my verpligtinge nakom en dit vat al my tyd en geld.
Jy moet dink ...
Ek moet goed in my lewe inbou wat vir my lekker is en nie net goed insluit wat ek moet doen nie.
As kos en kosverwante geleenthede die enigste pret is wat jy in jou lewe het, moet jy dit verander. Daar is meer in die lewe as net kos. Besluit wat jou opgewonde maak en pret is. Ek glo dat elke persoon elke dag 'n paar dinge moet doen wat vir hom of haar goed is. Moenie verskonings maak nie, jy moet uitvind wat jou energie gee en jy moet tyd daarvoor maak. Geniet die lewe.
Doen nou ...
• Skryf jou drome vir jouself neer. Gaan terug na jou kinderdrome reg deur tot vandag, sit selfs dié by wat jy lankal afgeskryf het as hopeloos en onmoontlik. Miskien het baie van jou drome al waar geword, miskien niks, miskien het jy ophou droom. Bou op jou drome voort of kry nuwes, moet net nie vir jouself toestemming gee om op te hou droom nie.
• Kies nou een droom wat vir jou lekker sal wees en redelik moontlik lyk om na te streef. Beplan hoe jy dit gaan regkry om die droom te verwesenlik. Betrek jou gesin indien nodig. Onthou optrede leer kinders waardes. Jou optrede om jou droom na te jaag, kan vir jou kinders 'n voorbeeld wees dat mens nooit moet opgee op jou drome nie.
• Hier is 'n paar voorstelle van dinge wat jou weer opgewonde kan maar oor die lewe:
- Doen die naaldwerkkursus wat jy altyd wou.
- Verander jou werk na dit wat jy nog altyd wou doen.
- Leer perdry.
- Gaan doen skubaduik.
- Begin met fotoplakwerk.
- Skryf die boek wat jy nog altyd wou.
- Begin spaar om Europa te gaan verken.
- Doen 'n rekenaarkursus.
- Leer kitaar speel.
argief
MOOI MIDDEL, FERM BENE
Ferm maagspiere verbeter jou postuur en voorkom laerugprobleme.BLY VIETS EN FIKS
'n Gesonde lewenstyl bestaan nie net uit goeie eetgewoontes of genoeg oefening nie, maar uit 'n gebalanseerde kombinasie van die t...VISUALISEER SUKSES
Die meeste mense wat probeer om gewig te verloor, sit op hulle eie en dan dink hulle aan alles waarvan hulle baie hou en wat hulle...VERLOOR EEN KILOGRAM SÓ
Om een kilogram te verloor moet jy 7700 kalorieë uit jou dieet sny of deur oefening verbrand.BESEF HOE BELANGRIK OEFENING IS
Met oefening skei jy endorfiene af wat oefening lekker laat voel, maar dit neem ongeveer twintig minute van oefening voordat die e...ONTDEK DIE GEVARE VAN KETOSE
Ek moet goed in my lewe inbou wat vir my lekker is en nie net goed insluit wat ek moet doen nie.ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (2)
Dit is ons eie skuld dat die lewe 'n oorlewingstryd is, want ons skep 'n klomp moets en moenies vir onsself. Ons verwag nie beter ...ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (1)
Dit is belangrik om drome te hê. As jy nie drome het nie, sê dit dat jy jou lewe sien as so goed soos wat dit kan wees. Jy a...VERSTAAN DIE POSITIEWE EFFEK VAN KOS
Wat mense van jou dink en sê, is vir jou baie belangrik. Jy het 'n intense soeke na aanvaarding. Jy sukkel om mense te vertrou.KRY ’N DUIDELIKE DOELWIT (2)
Hoe eenvoudiger jy jou kos voorberei en hoe eenvoudiger die kos is wat jy eet, hoe meer kan jy eet in 'n dag, want jy spaar op ka...























