61 ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (2) gewig TIPS Articles www.voelgoed.co.za

ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (2)

Dit is ons eie skuld dat die lewe 'n oorlewingstryd is, want ons skep 'n klomp moets en moenies vir onsself. Ons verwag nie beter of meer vir onsself nie, ons dink dit is selfsugtig.

2009-05-27Lorette Dye

Ons lewe is 'n oorlewingstryd. Die realiteit is dat ons lewe 'n lewe is waarin daar verskriklik baie eise aan ons gestel word. "Ek moet 'n goeie ma, beroepsvrou en eggenote wees".

Dit veroorsaak soms dat ons in oorlewingsmodus is. Ons gaan maar net van die een ding wat ons moet doen oor na die volgende ding. As dit is hoe jou lewe is, hoe gaan jy oor jou lewe voel as jy aan die einde daarvan kom?

Dalk sal jy sê: "Die lewe was nie lekker nie, dit was een lang stryd". Die lewe gebeur nóú. As dit nie nou goed gaan nie, dan het jy 'n stukkie van jou lewe wat nie goed is nie. As jou hele dag/uur nie goed was nie, het jy so 'n hele dag/uur van jou lewe verloor. En onthou, moeilik is nie noodwendig sleg nie. As jy 'n alles-of-niks-persoon is, sal jy geneig wees om dit wat moeilik is, te sien as sleg. Dink eerder dat daar iets is wat jy kan leer, daar 'n uitdaging is en dat daar tussen die moeilikheid deur 'n paar goeie oomblikke is. 'n Mens is so geneig om vas te kyk teen die moeilikheid van die oomblik dat 'n mens die wonderlike mis.

Dit is ons eie skuld dat die lewe 'n oorlewingstryd is, want ons skep 'n klomp moets en moenies vir onsself. Ons verwag nie beter of meer vir onsself nie, ons dink dit is selfsugtig.

Ons stel onsself altyd heel laaste. Dit veroorsaak dat kos die enigste ding is wat in ons lewens oorbly wat lekker is. Dit is die goedkoopste vermaak wat jy kan kry. Ons koppel gewoonlik alles wat lekker is aan kos. Dis ook al wat ons vir onsself gun, want ons moet eet. Ons voel skuldig oor die ander goed, want dit is luukses. Verwag meer van jouself, droom weer en stel jouself soms eerste.

Doen nou ...

Gebruik visualisering om jou doelwitte te bereik. Dink negatief oor kos wat jy nie wil eet nie, sien hoe die witbrood of stuk koek in jou mond 'n kluitjie vorm. Dink jouself positief oor slaai, groente, maer rooi vleis, ensovoorts. Gebruik hierdie tegniek ook met oefening. Sien hoe jy dit geniet en hoe goed jy na die tyd oor jouself voel. Of sien jouself as onaktief en hoe jy al hoe weer net sit, al hoe minder energie het en niks in die lewe werklik kan geniet nie.

Visualiseer verder hoe jy jou doelwitte bereik. Dink aan jouself en glo dat jy in sosiale situasies gemaklik is en dat mense van jou hou. (Hoe meer jy dit glo, hoe rustiger sal jy in 'n sosiale situasie wees, hoe meer sal dit waar word.) Sien jouself en bevestig aan jouself dat jy baie waarde het en baie talente het.

Kortom: glo en sien dit wat jy wil wees en waar jy wil kom.


Gebruik die volgende riglyne om dit te doen:

  • Ek verdien die beste.
  • Ek is geliefd en in staat om liefde te gee.
  • Ek kies 'n gesonde liggaam.
      
  • Ek is die heerser oor wat met my gaan gebeur.
       
  • Ek kan vry wees van die binding van kos.
  • Ek kan nuwe, omgeevriende kry.
  • Wat gaan gebeur, is in my hande.
  • Ek sal nie dat ander se denke en verwagtinge oor my, my lewe regeer nie.
  • Om my wêreld te verander, moet ek my denke verander.

argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]