61 ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (1) gewig TIPS Articles www.voelgoed.co.za

ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (1)

Dit is belangrik om drome te hê. As jy nie drome het nie, sê dit dat jy jou lewe sien as so goed soos wat dit kan wees. Jy aanvaar dat dit jou lewe is en jy nie beter gaan doen nie en daarom gee jy jou drome prys.

2009-05-27Lorette Dye

Jy moet weet ...

Kos is by party mense 'n verslawing. Hulle dink deurentyd aan kos, hulle eet amper heeltyd en hulle voel of hulle nie hulleself kan keer wanneer dit by kos kom nie. Dit moet dan soos 'n verslawing hanteer word. Die individu wat aan die verslawing ly moet twee dinge doen. Eerstens, dink elke keer as jy wil eet in terme van keuses en gevolge. Besef dat dit 'n keuse is en dat jy die gevolge moet dra.

Tweedens moet jou keuse van oomblik tot oomblik uitgevoer word. Dit is 'n stryd wat tree vir tree gewen word en nie met 'n breë, algemene besluit nie. As jy faal, begin die oomblik tot oomblik stryd van voor af. Dit is net 'n mislukking as jy moed opgee.

Tydens jou kinderjare het jy geleer ...


... jou gesinslede spog by ander oor die kinders, maar vertel selde vir die kinders die dinge waarop hulle trots voel.

Dit het veroorsaak dat ...

... jy hoogmoedig oorkom, nie erkenning vir jouself gee of van ander verwag nie en deurentyd voel jy moet jouself bewys.

Die rol van emosies is ...

Jy moet 'n emosionele bewustheid ontwikkel van jou eie, maar ook van ander se emosies. Ons lees ander se emosies baie keer verkeerd. Iemand voel dalk sleg, dan interpreteer jy dit dat die persoon kwaad is. 'n Groter ingesteldheid op ander, kommunikasie in 'n poging om te verstaan en 'n empatiese reaksie kan daartoe bydra om verhoudings te verbeter. Die meeste van ons vermy mense wat negatiewe emosies uitstraal, maar begrip kan die negatiewe emosie oplos.

Min van ons hoor werklik wat ander mense sê, ons is net ingestel op ons eie emosie en neem alles op ons as persoon. As jou man gefrustreerd raak met sy rekenaar, dan is jou eerste reaksie "Wat het ek nou al weer gedoen?" Jy voel seergemaak en omgekrap en as hy aanhou sal jy uiteindelik met hom baklei omdat hy so moeilik is. As jy werklik ingestel was op sy emosies, sou jy van die begin af besef het dat dit oor die rekenaar gaan en jy sou empaties kon reageer.

Jy dink ...

Ek kan nie verwag om soveel aandag, liefde, erkenning of selfs die bevordering te kry as wat my maer suster kry nie. Ek verdien nie beter as wat ek het nie.


Jy moet dink ...

Ek verdien 'n lewe van vervulling. Ek verdien net soveel soos enigiemand anders.


Onderskei watter behoeftes nie vervul word nie en verander of vervang dit. Die lewenstyl waarna ons streef, is een van bewustheid, moed en gewilligheid om aan te beweeg. 'n Ingesteldheid van opoffering, slagoffer wees en pyn moet vervang word met outonomie en beheer.

Het jy al opgemerk hoeveel jong meisies slegte kêrels kies? Hierdie meisies dink dit is goed genoeg en is tot oor hulle ore toe verlief op hierdie kêrel, maak nie saak wat hierdie kêrel aan hulle doen nie. Baie vroue dink hulle verdien nie beter nie. Hulle dink altyd die fout lê by hulle en pas dan hulle gedrag aan. Hulle dink: "Laat ek vriendeliker wees en meer gee". In plaas daarvan om te sê: "Is dit regtig wat ek verdien of verdien ek beter?"

Dit is belangrik om drome te hê. As jy nie drome het nie, sê dit dat jy jou lewe sien as so goed soos wat dit kan wees. Jy aanvaar dat dit jou lewe is en jy nie beter gaan doen nie en daarom gee jy jou drome prys. Somtyds is daar net nie meer spasie vir jou drome nie.

argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]