HOE KAN EK MYSELF ONMISBAAR MAAK BY DIE WERK?

HOE KAN EK MYSELF ONMISBAAR MAAK BY DIE WERK?

Wanneer jou maatskappy besig is om te herstruktureer, kan dit nogal senutergend wees. 

2012-01-27

Die meeste mense sal hulleself gedurende so ’n tyd onmisbaar probeer maak.


Wanneer jou maatskappy besig is om te herstruktureer, is die eerste vraag wat jy vir jouself moet vra: Wil ek regtig nog hier wees? Is hierdie nie dalk die teken dat ek ’n sprong moet waag nie?

As jy besef jy wil eintlik bly waar jy nou is, kom die gesindheid-situasie ter sprake. Mense sien altyd  jou gesindheid raak. Met ander woorde, hoewel dit nou ’n negatiewe tyd by die werk is, kom jy nogtans elke dag met ’n positiewe gesindheid werk toe en is jy optimisties.  Maar moenie probeer voorgee jy is oukei as jou gesig ’n ander storie vertel nie! Wees energiek as jy by die werk aankom en sorg dat jou positiewe gesindheid opreg en duidelik is – moenie skynheilig wees nie! Wys vir almal dat jy nie gaan tou opgooi nie en dat jy regtig toegewyd is aan jou werk. 

Om te deel wat jy weet, maak jou onmisbaar omdat mense weet hulle kan altyd vir jou iets gaan vra – want jy sal dalk weet! Miskien is dit ook goed om gedurende so ’n tyd verantwoordelikheid te aanvaar vir dinge waarvoor jy nie vantevore verantwoordelik was nie. So oorskry jy verwagtings.

As jy werklik wil hê mense moet oor jou praat, dan moet jy iemand wees wat regtig omgee. Jy ontwikkel ’n aantrekkingsvermoë. Dis wanneer mense eerder by jou stop om te gesels of iets te vra as by die persoon langs jou. Dit maak jou onmisbaar. 

Die afgelope 18 maande het ek as spreker gevind dat wanneer ek 70% met die hart praat en 30% met die verstand, die hele gehoor by my aanklank vind. En dit is wêreldwyd die geval. Mense voel aangetrokke tot jou omdat jy gaaf is en omgee – hulle voel hulle kan jou vertrou. Dit maak jou onmisbaar en dit is baie belangriker as byvoorbeeld die goeie liasseerwerk wat jy doen. 

Met ander woorde, jou “menswees” in hierdie tydperk is belangriker as jou “doen” dinge. Doen jou werk en doen dit goed. Maar maak veral seker dat jy mooi en korrek optree. Wees entoesiasties en trots op jou werk. En moet nooit die maatskappy afkraak nie, bou dit eerder op. 



 
Kommentaar

gesels saam


soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]