KRITISEER JY HOM DALK TE VEEL EN TE MAKLIK?
As dit vir jou voel asof jou maat jou aspris verkeerd verstaan, kan julle maklik van mekaar vervreem raak.
2012-01-27
As dit vir jou voel asof jou maat jou aspris verkeerd verstaan, kan julle maklik van mekaar vervreem raak.
2012-01-27
Kommunikasie is nooit maklik nie. En as dit vir jou voel asof jou maat jou aspris verkeerd verstaan, kan julle maklik van mekaar vervreem raak.
Omdat alles wat jy vir jou maat sê, eers deur sy eie filters gaan, gebeur dit maklik dat iets soos: “Ek dink hierdie sous sou lekker gewees het as daar ’n bietjie droë witwyn by was,” soos kritiek klink. Hy hoor dalk: “Jy weet nie hoe om ’n goeie sous te maak nie!” Die filters van sy binnewêreld het dan die voorstel vervorm tot kritiek, sonder dat jy dit so bedoel het.
In sommige mense se lewe funksioneer hierdie “self”-filter sterker as by ander. Hierdie mense voel gedurig dat hulle hulleself moet bewys, of hulle dink dat hulle beter weet as ander. Hulle het dikwels al baie verwerping beleef en is oorsensitief vir kritiek. Of hulle is grootgemaak met die idee dat dit moeilik is om ander te vertrou, daarom is hulle altyd vol agterdog. Dieselfde geld ook vir perfeksioniste, wat sukkel om enige tekortkoming, veral in hulleself, te verwerk. Gevolglik ontwikkel hulle ’n radar wat alle moontlike kritiek optel en het hulle ’n byna obsessiewe behoefte aan ’n maat se goedkeuring. Dit gebeur dan dat hulle onbewustelik soek na enigiets waarin kritiek verskuil kan lê.
So verander jou goedbedoelde woorde in kritiek. Omdat kritiek jou man bedreig laat voel, reageer hy dikwels onmiddellik en heftig daarop.
Probeer hierdie probleem so oplos:
• Ontwikkel begrip vir die filters en prosesse in jou man se binnewêreld wat aanleiding tot hierdie tipe reaksie gee.
• In die tweede plek moet jy jouself gereeld daaraan herinner dat die probleem by die filters in jou man se binnewêreld lê, nie by jou nie. Hy hulp daarmee moet kry.
• In die derde plek moet jy natuurlik die probleem konfronteer. Sodra jy agterkom dat hy jou opmerkings of voorstelle persoonlik aantrek, moet jy hom stop en wys waarmee hy besig is.
• Die vierde ding wat belangrik is, is om ’n afspraak met hom te maak en vir hom te verduidelik watter uitwerking hierdie patroon op jou en julle verhouding het. ’n Berader kan julle ook help.
Kommentaar
soek op voelgoed


.jpg)




.jpg)

















