"DE-CLUTTER" JOU KLEREKAS
Organiseer jou lewe ... Een treetjie op 'n slag
2012-01-26
Organiseer jou lewe ... Een treetjie op 'n slag
2012-01-26
Ons almal het ’n klerekas. Miskien is joune in die vorm van ’n reeling, ’n stoel, ’n paar hakke teen jou kamermuur, ’n eenvoudige dubbeldeurrak of dalk is jy een van die gelukkiges met ’n “walk-in closet”. Maak nie saak hoe jou klerekas lyk nie, as dit vir jou werk dan werk dit. Maar as dit nie vir jou werk nie is dit tyd vir ’n verandering.
Om georganiseerd te wees en te bly is nie ’n “one size fits all” ding nie. Jy hou dalk van jou klere in netjiese hopies en volgens kleure gerangskik terwyl jou vriendin mandjies en hakke teen die muur verkies. Die gemene deler is dit: As jy al ooit ’n poging aangewend het om jou klerekas reg te pak en te organiseer net om die volgende oggend te voel asof jy niks kry nie en als weer deurmekaar is. Jy et net nog nie die styl van organisering gekry wat jou en jou leefstyl pas nie.
Uitdaging: As jy nog nooit in staat was om daardie gewensde orde in jou kas in stand te hou nie, neem 'n oomblik en kyk na jouself om te ontdek wat “georganiseerd-wees” vir jou beteken. As jy jou ruimte so manier van organiseer het, sal jy dit baie moeilik onderhou. Gaan met ’n organiseringstyl wat by jou pas, wat vir jou reg voel in plaas daarvan om jou klerekas so te organiseer dat dit almal anders pas.
Tracey se top wenke om jou klerekas te “de-clutter” en tot bedaring te bring:
• Moenie in die versoeking kom om alles met een slag uit jou kas te gooi nie. Vat dit rak vir rak en laai vir laai.
• Raak aan elke item en maak 'n onmiddellike besluit oor pf dit bly of gly. Slegs items wat jy werklik nodig het, gebruik of baie lief het mag bly. Lady Di se pienk hofskoene of ouma se gebreide truitjie wat nie meer pas nie, moet almal gly vir iemand anders om te geniet. Wenk: Pas die “een-in, een-uit” reël toe. Wanneer jy iets nuut koop moet iets uitgegooi word om plek te maak daarvoor.Wenk: die toepassing van die een in - een uit elke reël. Elke keer as jy die aankoop van iets nuuts, iets wat ou moet gaan om 'n kamer om dit te maak.
• As jy alles uitgegooi het wat jy nie meer dra nie, besluit hoe jy jou oorblywende klere wil organiseer – volgens kleur, tipe, seisoen oof styl. Deur items so saam te groepeer maak jy dit vir jouself makliker om dit waarna jy soek maklik en vinnig te kry, selfs a is dit vroeg in die oggend.
• Hou die rakke wat maklik bereikbaar is vir al jou gunsteling items wat jy die meeste gebruik. Die items wat buite seisoen val moet weer geskuif word na ’n ander rak om plek te maak vir die items wat jy nou nodig het.
As dit is iets wat jy nog nooit gedoen het nie, sal ’n gemiddelde klerekas jou sowat 3-ure neem om te “de-clutter” en organiseer. Dit mag dalk lank klink, maar ek dink jy sal my na die tyd bedank as jy jou pragtige wit Gucci hemp vinnig en maklik bereik sonder om te krap of te soek.
In my volgende blog gesels ons oor die organisering van gemeenskaplike areas soos leefkamers en ander gedeelde ruimtes. As jy die “blame game’ nou al vir ’n rukkie speel, wil jy dalk net hhierna luister.



.jpg)




.jpg)

















