KALAHARI-SOMERMODES
Medereisigers! Maak gereed vir die modeneiging wat skop soos 'n kameel!
2012-01-13
Medereisigers! Maak gereed vir die modeneiging wat skop soos 'n kameel!
2012-01-13
Die safari-geïnspireerde voorkoms slaan die modespyker op die kop hierdie somer. “Woestyn” is die gonswoord en ons kyk diep in dié ryke sandskatkiste van goud en koper vir inspirasie. 
Die klassieke wit linnehemp, R399, van Poetry, is ’n onontbeerlike item in jou somerkas, veral as jy soos ’n safari-sultan wil lyk. Dra ’n aardse kleur broek in grys of kakiekleur, R250, van Hermanna Rush by The Space.
Seiko Ladies’ Chronograph, R2 999, herinner aan ’n outydse kompas. En dan wil ’n mens natuurlik net aan verre lande en reise dink! Dra hierdie horlosie by bykans enige informele uitrusting.
Klip, hout, leer … dis alles teksture wat uitstekend pas by hierdie voorkoms. Werk dit by jou sandale in, R199, van Rage, of by ’n armband of oorbelle. Sorg dat jy met hierdie ontspanne voorkoms die gemaklikste sandaal koop waarin jy jou voete kan steek!

Handsak, R900, van Baobab, bring die aardsheid na vore met sy mooi tekstuur en twee verskillende kleure. Belê een keer in jou lewe in ’n leerhandsak, want hoe langer jy dit dra, hoe mooier lyk dit. Dit lééf mos saam met jou.

Armbande, R130 elk van Accessorize, van nagemaakte ivoor en goud rond die safari-detail af. As jy hou van iets bonkigs om jou arm, is hierdie stukke wat die oog sal vang. Jy kan ’n houtring daarby dra.
Strooihoed, R120, van Jo Borkett. Waag met ’n hoed, wat eerder bedoel is om ’n modeneiging daar te stel as om jou teen die son te beskerm! Nietemin, dié strooihoedjie is parmantig en stylvol!


.jpg)




.jpg)

















