WEN 'N BEDERFDAG VIR JOU MA!
Een van die dae is dit Moedersdag en ons het bietjie gaan kyk wat maak Karina Els, die "moeder" van Revive Skin Lounge so 'n spesiale ma.
2011-05-03
Een van die dae is dit Moedersdag en ons het bietjie gaan kyk wat maak Karina Els, die "moeder" van Revive Skin Lounge so 'n spesiale ma.
2011-05-03
“Om ’n persoon te help met hul vel, bevorder nie net hul algehele gesondheid nie, maar dit gee ook vir daai persoon die nodige krag, dit bou ’n goeie selfbeeld en dit gee selfvertroue. Vir my, is dit sukses.” Dit is die woorde wat Karina, stigter en besturende hoof van Revive Skin Lounge gebruik wanneer sy haar werk en passie beskryf. Sy is passievol daaroor om opleiding te gebruik om sodoende die vel se kondisie te verbeter en te verander en so ook ’n verskil te maak in iemand anders se lewe. Karina funksioneer ook as die Algemene Bestuurder in bemarking, ens. Sy word beskryf as die maatskappy se staatmaker!
Revive is geleë in Blouberg Strand se Bayside Mall, net langs Kaapstad self. Dit is hier waar dit alles begin het. In 2005, het Karina Revive op die been gebring, aanvanklik as ’n Dagspa in Kaapstad se Wes Strand. “Ek het die besigheid begin sonder enige kliënte. Dit was my ma wat by Ontvangs gewerk het, een ander terapeut en ek. Alhoewel ons voor baie struikelblokke te staan gekom het, het ons bly staan en dit gedoen waarin ons glo. Vandag het ons besigheid gegroei tot ’n span van 10.”
Karina is gemotiveerd om die maatstaf te verhoog in die industrie. Sy is “gewapen” met passie en sy is baie vriendelik. Revive het gegroei en alhoewel dit net 3 behandelingskamers het, het dit gou sy kapasiteit bereik en ’n nuwe plan moes gemaak word. Gelukkig het ’n jong, ambiseuse Karina die wil gehad en besluit om Revive tot die volgende vlak te neem. Sy het toe besluit om die besigheid te skuif na die Bayside Mall in 2006.
Met bestaande kliënte, ’n wonderlike nuwe ligging en ’n splinternuwe handelsmerk, was Revive oombliklik suksesvol. Hulle het aangehou groei en selfs meer toe die IPL masjiene bekendgestel is. Dié masjiene bied kliënte permanente haarvermindering, Velverjonging, Velafskilfering en Kollogeen Induksie Terapie. Soos wat Revive besiger geword het en meer verskaffers aanboord gekom het, het Karina na ’n groter perseel geskuif. 
Revive het al verskyn in The Health Spa Guide se top sentrums in die Wes-Kaap en was ook ’n finalis in die onafhanklike Retalier of the Year Western Cape 2010.
Karina was selfs al ’n gaspreker op ’n Engelse televisieprogram, Liz Earle, ’n bekende velsorghandelsmerk in die Verenigde Koninkryk. Haar persoonlike doelwitte is om die hoë standaard in velsorg te handhaaf en selfs hoër te stel. Sy glo dat indien die regte hulpmiddels, bestanddele en passie vir velsorg gekombineer word, velsrogterapeute die vermoë het om ’n verskil te maak. Dit is die boodskap wat sy wil uitdra. Dit is Karina se doel om Revive letterlik op te vars en nie net by die tendense te hou nie, maar nuwe te skep.
Vir jou kans om ’n bederfdag vir jou ma te wen vir Moedersdag, SMS “INSPIRASIE” + “REVIVE” na 33788 (R1.50 per SMS)
Kompetisiereëls
1. Sluitingsdatum is 13 Mei 2011.
2. Wenners sal deur ’n trekproses gekies word.
3. Wenners sal per foon in kennis gestel word.
4. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
5. Die prys kan nie verruil word nie
6. Personeellede van Caxton, Carpe Diem Media, hulle besigheidsverwante en advertensiemaatskappye en hulle direkte families sal nie vir die prys oorweeg word nie.
7. Deur deel te neem aan die kompetisie stem jy in om in die toekoms korrespondensie van www.voelgoed.co.za te ontvang.


.jpg)




.jpg)


















Grte. M