BINNELAND-AKTRISE WYS HAAR HART
Daleen, oftewel Desiré Manthey, is die gesig van die Skenk-'n-Boek projek.
2010-12-10Ilana Scholtz
Daleen, oftewel Desiré Manthey, is die gesig van die Skenk-'n-Boek projek.
2010-12-10Ilana Scholtz
Helpende Hand in samewerking met Carpe Diem Media het 9 Desember sowat 240 mense se harte bly gemaak toe hulle elkeen ’n spesiale boek van Carpe Diem ontvang het.
Desiré het saam met die kinders van die AGS kerk in Hercules gesit en Kersfees-kaartjies maak vir die polisie se taakmag om dankie te sê vir dit wat hulle elke dag doen. Máár dit was beslis nie net die kinders wat hul gate uit geniet het met die kaartjies nie, almal het gewys dat jy nooit te jonk is om pret te hê nie. Sy het ook ’n kans gekry om ’n gedeelte uit Stilword vir Vroue dagboek voor te lees en dit was vir almal verfrissend om te weet dat alhoewel sy ’n aktrise is, daar geen voorgee is nie. Desiré het vir ure saam met die kinders gesels en kaartjies versier.
Lindie Strydom van Helpende Hand en haar span het gehelp om lekkergoedpakkies op te maak tesame met AGS Hercules se hardwerkende vroue.
Niks kon die mooi glimlagte op almal se gesigte keer nie. ’n Bewoë Venessa Schoeman, handelsmerkdirekteur van Carpe Diem Media, het almal wat donasies gegee het vir die boeke, bedank in hul afwesigheid. Sy sê dat elke gesin in die kerk nou die kans het om saam Bybelstudie te doen en nader aan mekaar en God te leef.
Lindie Strydom het die mense aangespoor om die dagboeke nie net vir hulself te hou nie, omdat dit lekkerder is om te gee as om te ontvang. “Dit moet gedeel word met ander gesinne, sodat hulle ontvanklik kan wees vir God se wil vir hul lewens en dit kan uitleef.” Daarom het sy ook die Helpende Hand-liedjie vir almal geleer:
Steek jou hand op en sê jy is beskikbaar
Alles is reeds vir jou gegee
Wees jy die helpende hand
Wat doen wat jy kan
Doen wat jou hand vind om te doen – om te géé!
Later die dag is daar ’n heerlike kersete voorgesit en almal is bederf met ’n oulike kersprogram, kersmoeder en al.
Ons bedank almal wat deel kon wees van hierdie wonderlik projek en wat net weereens bewys het dat ’n mooi hart baie vir ander kan beteken.
As jy graag ’n Stilword vir Vroue dagboek wil koop, gaan gerus na www.voelgoedwinkel.co.za en bestel dadelik vir jou en sommer vir ’n vriendin ook een.
As jy ook wil betrokke raak gaan na www.skenknboek.co.za en gee hoop aan iemand vir net R50!


























.jpg)




.jpg)


















Maggie