STEM VIR JOU NUWE JY WENNER 2010!

STEM VIR JOU NUWE JY WENNER 2010!

Slank, selfversekerd en gelukkig ... natuurlik wil elke vrou graag so voel. Maar hoe op aarde kry jy dit reg? FINESSE se agt NUWE JY finaliste het bewys dat dit nie noodwendig maklik is nie, maar dit is beslis moontlik.

2010-09-09

 STEM VIR JOU GUNSTELING!

Koop ook die Oktober uitgawe van FINESSE om te sien hoe hulle so baie gewig verloor het! Nou op die winkelrakke!

 

Adri Theart, 35, superintendent in die Metropolisie van Bronkhorstspruit, borrel oor van lewenslus. “’n Paar maande gelede was ek depressief, oorwerk, en ongelukkig met my voorkoms. Maar na net ses weke op die program, het dinge begin verander.

 

Om vir Adri te stem, sms "WENNER" + "ADRI" na 33788.

 

 

 

 

 

 

 

 

“Ek wil so graag ’n nice mens wees wat mense inspireer,” sê Juanita Goodman, 37, projekbestuurder by ’n kommunikasie maatskappy in Stellenbosch. “Maar hoe kan enigiemand van my hou as ek pal kla en negatief is ... ek hou dan nie eers van myself nie!

 

Om vir Juanita te stem, sms "WENNER" + "JUANTIA" na 33788.

 

 

 

 

 

 

 

“Ek voel soos ’n Jack-in-the-Box! Ek kan nie wag vir die deksel om oop te gaan sodat ek vrolik kan uitspring en giggel nie!” sê Maureen Botha, 34, ’n finansiële bestuurder van Brakpan.

 

Om vir Maureen te stem, sms "WENNER" + "MAUREEN" na 33788.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

“Ek sê nog altyd moeilik nee vir lekker kos,” sê Thea Stopforth, 29, ’n administrateur by die Tswane Universiteit van Tegnologie. “Maar tydens hierdie program het ek geleer waar om die streep te trek. ’n Ruk gelede het ons by my skoonouers vleisgebraai, en my skoonma het ’n heerlike tert gemaak. Ek wou so graag weet hoe dit proe. En kan jy glo? Een happie was genoeg!

 

Om vir Thea te stem, sms "WENNER" + "THEA" na 33788.

 

 

 

 

 

 

 

Nadat hulle bankrot verklaar is, is Elsabé Aylward, ’n navorsingstegnikus van Nelspruit, deur ’n baie emosionele tyd. "Ek het baie dinge in my lewe bevraagteken. Daar was dae wanneer ek wou opgee, ook in my huwelik. En op ander dae het dit weer beter gegaan. Ek besef nou dat ek die dinge moet aanvaar wat ek nie kan verander nie, als sal op die ou einde presies uitwerk soos dit moet."

 

Om vir Elsabé te stem, sms "WENNER" + "ELSABÉ" na 33788.

 

 

 

 

 

 

Die dae dat huisvrou, Hazel September, 47, en haar gesin van brood en grondboontjiebotter moes lewe, is lankal verby. Hulle het die finansiële krisis oorleef, en sy kan haarself nou weer vind. “’n Paar weke gelede het ek myself gaan weeg by die apteek, toe ek een van die dames hoor sê: ‘Kyk net hoe sexy lyk Hazel nou!’ Al is ek nie die nommer 32 wat ek jare gelede in die Mej. Lente kompetisie was nie, sê my ouma nie meer ek is vet nie!"

 

Om vir Hazel te stem, sms "WENNER" + "HAZEL" na 33788.

 

 

 

 


Dit het na die enigste uitweg vir hulle finansiële probleme gelyk, maar dit het haar in die tronk laat beland.
Hoewel Antoinette Saayman, 49, van Port Elizabeth, vier jaar gelede vir bedrog gearresteer is en drie jaar tronk toe is, word sy elke oggend wakker met ’n lied in haar hart. 

 

Om vir Antoinette te stem, sms "WENNER" + "ANTOINETTE" na 33788.

 

 

 

 

 

 

 

 

“My skoonma was tydens die laaste paar weke van die program baie siek en is later ook oorlede,” vertel Amanda Viljoen, 47, eiendomsagent van Port Elizabeth. “Dit was kanker en ons het by haar gebly en haar versorg; daarom was dit vir my baie moeilik om die program tot aan die einde te volg. Maar ek het dit steeds reggekry om gewig te verloor, waaroor ek baie bly is!

 

Om vir Amanda te stem, sms "WENNER" + "AMANDA" na 33788.

 

 

 

Om die NUWE JY 2010 by te woon, kliek hier!

Kommentaar
  • Ek is baie Trots op my MAMS!!!

    Dogter van Amanda Viljoen
  • My ma het deur so baie dinge gegaan en nogsteeds vol gehou met finesse en hulle het haar so bederf en sy verdien dit!! Dankie almal van finesse dat julle my ma so spesiaal bederf het!!

    Celeste Viljoen
  • Elke vrou hier is 'n stukkie goud vir die Here - so uniek! Elkeen is 'n wenner, en... smeulend sexy!
  • SJOE .....Elsabe jy het baie meer bygekry as wat jy verloor het. Aardse goed kan nooit jou siel en jou hart vervang nie. Jy het opgestaan en aangegaan en bowenal iets bereid wat 1000de van ons net kan droom om te doen. Doen so voort
  • Maureen jy kan dit doen.deon en Mathilda
  • Thea! Jy is 'n inspirasie!!!
  • Hi daar Tannie Amnanda , jy lyk baie goed , sterkte met alles. Ons hou duim vas. Groete Quinten Schutte
  • Wil net geluk se aan al die dames...dis fantasties!!
  • En AMANDA het my vote!!! stunning!!
  • Baie dankie Deon en Mathilda! Julle ondersteuning beteken baie!
  • Susters van Hazel September
    Hazel,jy is ons bron van inspirasie en vir die dorp,Clanwilliam 'n positiewe rolmodel!!Baie ,baie trots op jou!
  • Ek is baie trots op jou antoinette. Net weer n bewys waartoe ONS HEMELSE VADER in staat is. Dankie HEMELSE VADER dat U hierdie kind van U op U tyd verander het in n KONINGSKIND. Dankie aan FINESSE wat dit moontlik gemaak het om aan die uiterlike en aan die innerlike gewerk het met die Hulp van ons Hemelse Vader om haar in n nuwe jy te verander. Julle as TYDSKRIF doen wonderlike werk
  • Adri, my pragtige vrou, jy lyk nie net nou stunning nie, jy is ook die beste geluk wat ek in my lewe gekry het. Lief vir jou baie. Mario
  • Adri, jy lyk pragtig en Pa wens jou sterkte toe vir hierdie naweek.
    Lief jou. Pa Han
  • To My Wonderful Friend Adri, it is such a blessing to have you as my friend! Love you lots and best of Luck! Samantha
  • Wil net geluk se aan al die dames
  • Adri, jy lyk baie goed. Ek hou duim vas. Liefde Mariaan
  • Hi Adri, baie sterkte en ek hou duim vas, Mauritius is 'n belewenis. Jy is beslis die mooiste eendjie onder die swane!!!! Groete en sterkte, Cornel.
  • Adri Viljoen jy lyk stunning en deur alles wat jy moes gaan verdien jy om te wen!Leone
  • Jammer ek wil net gou 'n regstelling maak dit is nie Adri nie, maar Amanda Viljoen. Leone
  • Baie dankie vir almal wat vir my gestem het en dankie vir die mooi boodskap. Ek vlieg deesdae baie hoog en kan net getuig van God se grootheid. Ek weet daar gaan nog baie groot dinge gebeur in my lewe en hierdie was maar net die begin. Ek getuig ook by damestee, kerke en oral waar die Here my lei want as dit nie vir HOM was nie sou ek dit nooit kon doen nie. HY is my hele lewe en sal altyd eerste staan in my lewe want ek is so opgewonde soos 'n kind wat 'n nuwe speelding gekry het. Geen goud of silwer of al die geld op aarde sou my so gelukkig kon maak nie. Dankie Jesus dat ek in U arms rus gevind het. Antoinette Saayman
  • HAZEL baie baie geluk jy lyk stunning en vandat ek jou Vrydag gesien het kon ek nie ophou om na jou te kyk nie. Ekt geweet jy is die wenner my sussie. Geniet elke ooblik saam met jou man dis wonderlik om met arendsvlerke te vlieg. Vlieg Hoog. Jesusliefde, Antoinette
  • Aan al my wonderlike sussies wat die Here by my familie gevoeg het ek is baie lief vir julle en ons sal mekaar weer sien. Baie liefde, Antoinette 082 611 7304
  • Elsabe , jy lyk stunning!!!!!
    Daleen Steijn
  • Aan al julle dames wil ek net sê WOW julle lyk stunning, julle is almal wenners en onthou altyd GOD HET DIE VROU PRAGTIG GEMAAK! Groete Linda
  • Amanda, jy het dit gedoen! Jy is 'n nuwe jy! Jy lyk fantasties. Julle almal lyk fantasties. Vier vrou wees!

gesels saam


soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]