ONS HOU VAN GEORGE CLOONEY, WANT ...
Ons ken hom as die hubare man met die stoute glimlag en ondeunde oë wat vir die kameras loer...
2010-08-31
Ons ken hom as die hubare man met die stoute glimlag en ondeunde oë wat vir die kameras loer...
2010-08-31
Ons ken hom as die hubare man met die stoute glimlag en ondeunde oë wat vir die kameras loer, maar George Clooney is veel meer as net ’n aantreklike gesig ... Hy het ook ’n goeie hart.
George het onlangs die Bob Hope Humanitêre Toekenning ontvang vir die werk wat hy gedoen het by die bewusmaking en fondsinsamelingsprojekte vir rampe soos die Haiti aardbewing, Orkaan Katrina en die 11 September 2001-aanvalle op Amerika.
“Dit is belangrik om te onthou hoeveel goeie goed gedoen kan word, omdat ons in sulke vreemde tye lewe, waar slegte goed wat gebeur al die aandag kry en in die media voorkom,” het George gesê toe hy sy toekenning ontvang het.
John Shaffner, Television Academy se hoof, noem dat George ’n goeie keuse was vir dié toekenning, omrede hy “die rol en trefkrag van die televisie verstaan en inspan, en sodoende die harte van mense regoor die wêreld kan aanraak”.
Dit was egter nie baie maklik George om die toekenning te ontvang nie. Hy noem dat dit ’n verleentheid is om ’n toekenning te ontvang vir iets wat jy eintlik veronderstel is om te doen. “Dit is ’n baie gawe ding, só mens aanvaar dit, maar dit is moeilik om dit te ontvang.”
Die Bob Hope Humanitêre Toekenning is in 2002 ingewy as ter herinnering van die komediant en akteur, Bob Hope, wat oorlede is. Bekendes wat al voorheen dié toekenning ontvang het is onder andere Oprah Winfrey en Bill Cosby.
Bron:
Eye witness news – www.ewn.co.za


.jpg)




.jpg)

















