TOKS VAN DER LINDE MAAK SY STEM DIK

TOKS VAN DER LINDE MAAK SY STEM DIK

“Ek het die week reeds so 5 kg weens stres afgeskud en dit voel werklik vir my erger as voor my eerste Springbok-toets."

2010-08-27

"My maag is vol vlinders", dit vertel die oud-Bok aan Beeld op die vooraand van die rugbytoets waar hý die volkslied gaan sing.

Lees hier waar dié passie vir sing en opera ontstaan het.

”Toks van der Linde was op sy dag nie ’n rugbyspeler om mee moeilikheid te soek nie. Met die Springbokke se toer in 1997 na Frankryk, het hy “’n ou bietjie getrap” en toe word hy summier van die veld af gestuur. Sy straf was dat hy 60 dae nie mag rugby speel nie, maar die aand na die berugte trappery het hy die Franse se harte gesteel. By die onthaal het ’n Fransman die gaste uit volle bors met sy sang vermaak. Maar toe besluit die destydse Springbokafrigter, Nic Mallet, dis tyd om die Bokke se sangster ook bekend te stel. Toks is hoeka ’n man wat gereeld sy spanmaats in die kleedkamer met van sy gunstelingsanger, Pavarotti, se arias vermaak.

Toks lag beskeie daaroor en sê ’n CD gaan nie gou op die rakke verskyn nie, “maar ek is ’n heel skaflike tenoor”. Die man wat saam met Kobus Wiese die TV-program Oor die kole op Supersport aanbied, beken hy het ’n groot swakte vir opera en klassieke musiek. “As ek skole besoek, sing ek dikwels vir die rugbymannetjies om hulle te wys mens hoef nie ’n softie te wees om van kultuurdinge te hou nie.

“Ek sing al van Graad 1 af en het daarna in verskeie skoolkore gesing. Ek het van kleins af geglo ’n man moet balans handhaaf. Jy kan lekker rugby speel, maar ’n mooi stukkie Mozart is goed vir die siel.”

Hy het baie goeie herinneringe uit sy rugbydae soos die legendariese oorwinning wat die Bokke in 1995 teen die Engelse op Twickenham behaal het met ʼn hele 24 teenoor 12!

“Dis dan wanneer ’n man lus kry om na jou shower-sessie met ’n O sole mio jou keel van trots bietjie skoon te maak.”

En dan skerp hy sy medespelers se kultuur sommer ook terselfdertyd op.

Toks, ons gaan bankvas voor die TV sit en kyk hoe jy sing!

 

www.beeld.com


soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]