BINNELANDERS SE BILLY OOR...

BINNELANDERS SE BILLY OOR...

Elke vrou weet watter rol goeie vriende in jou haar kan speel.

2010-08-27

Daar is dan ook baie waardevolle lesse wat ons by ons hartsvriendinne leer. Ons het by Robyn Olivia, oftewel Binnelanders se Billy gaan hoor wat haar vriendinne haar geleer het oor ...

Liefde – Wanneer jy eerlik met jouself is en ander met jou hele hart liefhet, kan jy nooit spyt wees nie, want jy sal nooit verloor nie. Die liefde is fantasties, so wys jou liefde en kyk hoeveel liefde kry jy terug.

Geduld – Alhoewel goeie goed met mens gebeur as jy geduldig is, gebeur niks met jou as jy net sit en vir dit wag nie. Jy moet bestuur in die rigting wat jy wil gaan.

Om hard te werk – Dit is in my natuur om hart te werk. Vriende het my geleer om dinge te geniet soos dit is en om elke nou en dan net ’n ruskans te vat.

Omgee – Ek het in die verlede al by my vriende geleer dat mens té veel kan omgee. Maar nou dat ek ’n volwassene is, het my vriende my geleer dat omgee en vriendelikheid, jou lewe soveel ryker maak.

Vergifnis – Die enigste manier om van die bagasie van jou verlede ontslae te raak, is om ander te vergewe. Ek het ook geleer dat dit somtyds selfs moeiliker is om jouself te vergewe.

Mode – Om ’n mooi uitrusting aan te trek kan jou dag red. Maar, net omdat dit in die mode is, beteken nie dat dit noodwendig jy is nie. Wees altyd getrou aan wie jy regtig is. O ja, ’n regte vriendin sal vir jou sê as jou boude groot lyk in daai denim!

Geld – Ek is geleer om versigtig te wees met die geld wat ek het – maar om ook vrygewig te wees, what goes around comes around.

Gewig – Dit is nogal gekompliseerd. Jou vriende gee nie regtig om watter grootte denim jy dra nie, so hoekom moet jy?

Ware vriendinne ...


Dit is moeilik om nie jou pelle met jou regte vriende te verwar nie. Ek het nog altyd baie mense in my lewe gehad wat ek vriende noem, maar slegs op universiteit het ek ware vriendskap ontdek. Mense wat jou opbou en nie afbreek nie.
Toe ek jonger was, was ek vasgevang in ’n slegte situasie, waar ek gevoel het ek het meer vyande as vriende. My ware vriende was bereid om vir my op te staan – kom wat wil.

Hoekom is dit nodig om ten minste een goeie vriendin te hê?

Ek glo jy het mense nodig om saam met jou die laste te dra. Die lewe is hard en soms morsig en dit is goed vir jou om ook ’n vriendin vir iemand anders te wees. Wanneer jy ’n goeie vriendin vir iemand anders is, sal daai persoon heelwaarskynlik ook ’n goeie vriendin vir jou wees. Tog moet jy dit nie verwag nie – wanneer dit gebeur, is dit ’n groot geskenk.

Kommentaar
  • BILLY SE REGTE NAAM?
  • ek stem nogal saam met wat Billy alles sê. `n Mens kry mooi weers vriende en vriende wat `n leeftyd hou .
    Geniet die dag
  • Billy ek hou van jou in jou rol in Binnelanders - Is dit naby aan jouself wees??
  • Billy se regte naam is Robyn Olivia, dit staan bo in die artikel.

gesels saam