BEKENDE HOLLYWOOD AKTRISE OP PAD SA TOE
Ons onthou haar vir haar rol as Fran in die komediereeks, The Nanny.
2010-08-27
Ons onthou haar vir haar rol as Fran in die komediereeks, The Nanny.
2010-08-27
Nou is einste Fran Drescher vir die derde keer oppad Suid-Afrika toe. Ons vier hiérdie maand Vrouemaand en daarom verwelkom ons die formidabele vrou!
Fran is ’n voorbeeld en inspirasie vir almal. Nie net het sy al serviese kanker oorleef nie, maar is sy ook een van die dae hier om vrouens meer bewus te maak oor die feite van HIV/Vigs.
Sy noem dat die gesondheidkwessies wat vrouens globaal teen te staan kom, verder strek as net politiese en religieuse sake . “Ons is ’n susterskap en ons moet hande vat en daarna streef om na mekaar om te sien.”
Drescher sal ook betrokke raak by die Tomorrow Trust, wat omsien na behoeftige kinders.
Welkom Fran!
Bron:
www.ewn.co.za


.jpg)




.jpg)

















