FIONA COYNE - VAARWEL AAN DIE RISSIEPIT

FIONA COYNE - VAARWEL AAN DIE RISSIEPIT

Fiona Coyne sal onthou word as die vrou wat haar man kon staan, beide op die kassie en ook in haar persoonlike lewe.

2010-08-19

Sy was ’n vrou met algemene kennis soos min en sy het nie geskroom om te sê wat sy dink nie. Ons vier hierdie maand Vrouemaand ... Ons vier sterk vroue, ons vier inspirerende vroue, ons vier snaakse vroue en daarom dink ons vandag aan die leemte wat gelaat is met Fiona se afsterwe.

Finesse dink aan Fiona se familie en vriende, mag jul troos vind en sterkte vir die dae wat kom.

Kommentaar
  • Ek is in die buiteland (VAE/UAE) en was geskok toe ek lees van Fiona se afsterwe. Dit sou goed wees as die lesers net kon weet wat die aard van Fiona se dood was. Jammer, dit is nie bedoel om onsensitief te wees nie. Die buitelanders beskik net nie noodwendig oor die nuutste inligting nie. My innige simpatie aan haar naasbestaandes. Ek het altyddeur haar 'sterkte' tydens die program, waardeer.
  • Mens weet nie wat in 'n ander se kop aangaan nie. As sy maar net met iemand gepraat het wat haar kon ondersteun en moed inpraat. Ek is jammer oor haar dood. Het baie van haar gehou. John
  • Aai dis so seer ding om te verwerk! Sterkte aan haar familie. Dis regtig n moeilke pad om te stap, veral om oor al die vrae te kom wat seker deur die familie gevra word oor haar afsterwe....
  • wat dryf 'n mens na so 'n stap. en dat niemand iets agterkom nie, Sterke aan die mense wat agterbly met al die hoekoms en waaroms. Carolina
  • Dis tog so jammer dat so pragtige lewe eensklaps net weg is. Net die Here alleen het dalk geweet van haar stryd op aarde. mag sy blom in Sy Hemelse tuin waar nie pyn en smart is nie.
  • May you rest in peace Fiona, we loved you dearly. Claudette and Chris
  • Sterkte aan Fiona se familie en vriende. Bid vir julle.
  • sal haar mis!!! wens net sy het anners gegaan. ons moet daar wees vir ons "pals"
  • Baie sad..........
  • Mag God se genade genoeg wees. Sy was 'n merkwaardige mens en vrou. Rus in vrede rissiepit. Elsabe
  • Sy was so 'n sterk vrou maar die hartseer in haar oe sal my altyd bybly. Haar geliefdes in is my gebede en veral my gedagtes. "Rest in peace, strong lady." Florence
  • Baie hartseer.Dink aan haar familie in hierdie donker ure van beproewing.Sharon
  • Groot skok, briljante brein, ongelooflike aanbieder! Die mens verstaan nie altyd die hartseer, vrese en dinge waardeur ander gaan nie. Fiona ons gaan jou gesiggie op die skerm mis. RIP
  • Fiona - jou hardgebaktheid was die skerm waaragter jy weggekruip het om jou hartseer en eensaamheid te verberg. So jammer jy moes so 'n besluit alleen maak. Rus in vrede. Leentha
  • N fANTASTIESE MENSIE GEWEES!!! WAT N GROOT LEEMTE SAL HAAR AFSTERWE VIR ONS NALAAT!
    RUS IN VREDE FIONA! MAG JY GELUKSALIGHEID VIND WAAR JY NOU IS!
    MJ
  • rus sag...

gesels saam