'N SPESIALE BOODSKAP VAN TANIA EN BOBBY!
Tania Strauss en Bobby van Jaarsveld maak hul harte oop met hul treffer, Genees hierdie land. Hulle wil graag vir jou iets sê ...
2010-08-18
Tania Strauss en Bobby van Jaarsveld maak hul harte oop met hul treffer, Genees hierdie land. Hulle wil graag vir jou iets sê ...
2010-08-18
“13 Augustus se Rippel Gospel fees was wonderlik! Radio Rippel het my en Bobby gevra om spesiaal Genees hierdie land te sing en ons kon regtig sien dat die liedjie gewild is. Is dit nie wonderlik dat God só spesiale lied geskep het sodat mense bewus gemaak kan word van armoede nie?
Baie, baie dankie vir almal wat so getrou vir die lied op Radio Rippel se top 20 gestem het, ons is tans nommer 6.
Hou asb. aan met STEM. Sal dit nie fantasties wees as ons nommer 1 kan wees nie!
Ek glo as ons konstant vir Radio Jakaranda en RSG versoeke indien, hulle binnekort ook die liedjie op hulle “playlist” moet sit! Hier is twee links waar jy ’n versoek kan plaas by Radio Jakaranda: www.jacarandafm.com of music@jacarandafm.com
Vir RSG kan jy die volgende link gebruik:
www.rsg.co.za
Ek weet jy dink dalk “Ag, ek het nie tyd om nou ’n epos aan ’n radiostasie te stuur nie”, maar ek wil hê jy moet weet dat dit regtig ’n verskil maak. Dit help my en Bobby om die CD te bemark, DANKIE dat jy tyd maak, ons waardeer dit ongelooflik baie.”
Liefde Tania
Luister hier na Genees hierdie land.























