IDOLS SE LIEZEL, NUWE GESIG VIR BENSIMON

IDOLS SE LIEZEL, NUWE GESIG VIR BENSIMON

‘Koel, gemaklik en sjiek’ is die woorde wat gebruik word om die bekende Franse Bensimon mode-etiket te beskryf.

2010-08-17

Dié etiket is nie net vanjaar vir die eerste keer in Suid-Afrika beskikbaar nie, maar dit is net só indrukwekkend soos Liezel van der Westhuizen – die mooi aktrise, radio- en televisieaanbieder en talentvolle atleet. Liezel het pas ingestem om die gesig van Bensimon in Suid-Afrika te wees.

“Met die kombinasie van natuurlike, vars skoonheid en ’n indrukwekkende spektrum talente, het ons geweet dat Liezel die perfekte Suid-Afrikaanse vrou is om die Bensimon handelsmerk hier te verteenwoordig.  Sy beliggaam die gemaklike, onderskatte styl wat die waarmerk van die Bensimon reeks is,” sê Jocelyne Phillipe van JBSA Fashion Consulting, eksklusiewe invoerder van Bensimon in Suid-Afrika.

Die Bensimon klerereeks is afkomstig van Parys (Frankryk) met ’n trotse familiegeskiedenis. Dié reeks vat saam die basiese en eenvoudige kledingstukke wat gebaseer is op kwaliteit, gemak en onderskatte elegansie. En wat dink Liezel van die nuwe geleentheid? “Dit is ’n groot eer om gevra te word om die gesig van Bensimon te wees. Die handelsmerk is ideaal vir die Suid-Afrikaanse leefstyl, waar gemak gekombineer word met sjiek en die sinergie is perfek vir my sportsleefstyl en die Bensimon etiket. Ek is nog altyd mal oor hul skoenreeks ek is só opgewonde dat dit nou in Suid-Afrika beskikbaar is.

Vir ’n lys van winkels wat Bensimon aanhou, kliek hier.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Liezel met nog ’n Bensimon uitrusting.        Liezel dra Bensimon handskoene en  Bensimon tights by ’n private funksie saam met Lizzie Cundy.
 

Foto’s verskaf deur JBSA Fashion Consulting

Kommentaar

gesels saam