BOU OF BREEK JY JOU HUWELIK?
Wanneer dit goed gaan met jou huwelik, is liefde vir jou genoeg. Maar wanneer die haakplekke begin wys, besef jy skielik hoeveel dinge kort.
2010-08-12Cindé Mostert
Wanneer dit goed gaan met jou huwelik, is liefde vir jou genoeg. Maar wanneer die haakplekke begin wys, besef jy skielik hoeveel dinge kort.
2010-08-12Cindé Mostert
Gretha Wiid en haar man, Francois, het hulle kennis oor die huwelik – waarvoor hulle duur betaal het! – saamgevat in ’n oulike, lekkerlees gids: Boosters en Busters. Sommer met die intrapslag besef jy dit is eerstehandse ervaring wat praat ...
Wanneer dit goed gaan met jou huwelik, is liefde vir jou genoeg. Maar wanneer die haakplekke begin wys, besef jy skielik hoeveel dinge kort.
Dan begin jy kliphard na ’n oplossing soek. ’n Goue reël wat julle huwelik weer kan laat werk. ’n Wenresep.
Jy is dalk nader aan ’n gelukkige huwelik as wat jy dink. Want dis so maklik as kies: gaan jy jou huwelik breek of bou?
Dit mag dalk eenvoudiger klink as wat dit werklik is. Maar tussen deur al die boosters en busters wat Gretha in haar boek beskryf, loop ’n goue draad: Die huwelik is ’n span. Jy en jou man. En alles anders wat nie in belang van daardie “span” is nie, is daarteen. Maar voor jy nou dink dat jy dit lankal geweet het en blah, blah, blah, moet jy dalk die moeite doen en hierdie artikel lees. Want al weet jy dit jare reeds, het jy dit besmoontlik nog altyd verkeerd verstaan. Of net gedeeltelik begryp.
GETROU VIR LIEFDE? ... DINK WEER!
Hoekom het jy met jou man getrou? Kan jy regtig nog onthou? Want as dit bloot liefde was, het Gretha vir jou slegte nuus: Dat liefde alleen genoeg is, is ’n mite. Bitter min paartjies doen vooraf regtig moeite om vir God te vra of hulle wel vir mekaar bedoel is. En nee, as jy dit nie gedoen het nie, mag jy nie maar skei nie! God kan elke huwelik laat werk, al het jy gevoel jy het ’n fout gemaak. Gretha en Francois se huwelik is ’n baie goeie voorbeeld hiervan.
Letterlik op die rand van egskeiding, het Gretha tot bekering gekom en tydens ’n profetiese naweek gehoor God gaan haar en Francois gebruik om ander huwelike te help, ondersteun, inspirer en van raad bedien. Op daardie stadium het Gretha gedink die vrou wat dit vir haar kom vertel het, het dit by ’n bose gees eerder as die Heilige Gees gehoor!
Maar sy het iets in haar binneste ervaar wat sy in jare nie gevoel het nie … hóóp. Sy het begin bid – vir haar huwelik, haar man, en vir wysheid. Gretha het die uitdaging aanvaar en sy wil weet wat is jy bereid om te doen om jou huwelik te red? Wie jy ook al is, waar jou huwelik ook al trek, om te bou of te breek – dis jóú keuse!
AS SY ANDERSHEID JOU IRRITEER ...
Wanneer jy getroud is, is niks meer net joune nie. Alles behoort nou aan die span. Die bed, die badkamer, die tyd ... en die spasie. En dit gaan maar bars, want jy staan vroeg op en hy slaap laat. Meksikaanse kos laat jou mond water en hy haat enigiets wat brand.
Julle dink anders, bid anders en neem op verskillende maniere ’n belangrike besluit.
Dit is eintlik ’n geweldige uitdaging om te dink dat twee mense met verskillende agtergronde, verskillende emosionele wonde en hartsbehoeftes ’n huwelik moet laat werk. Want jy is nie noodwendig voorbereid op die feit dat jy hierdie verskille moet uitpluis in ’n baie klein spasie nie – in your face with nowhere to go, soos hulle sê. En dis moeilik.
Daarom gebeur dit so baie dat iemand wat ’n affair aanknoop dink hulle minnaar of minnares is perfek. Hoekom? Bloot omdat hulle nie vir lank genoeg in ’n klein emosionele en fisiese spasie moet saamleef nie. Hulle sien net mekaar se goeie kante.
Maar as die spasie begin noustrop trek ...
Moenie bekommer nie! Leer tog dat die klein spasie nie die einde van die wêreld is nie.
Dis ’n ongelooflike geleentheid tot groei in jou lewe. Kry vir jou span ’n kleur en kreet en begin werk aan ’n onoorwonne rekord. En maak julle “klubhuis” die beste plek om te werk aan julle spangees.
Lees die volle artikel in die September uitgawe van Finesse, nou op die rakke!
Oops!
“In die September uitgawe van FINESSE het die redaksie nagelaat om erkenning te gee aan die fotograaf wat vir Francois en Gretha Wiid afgeneem het. ons het die foto met die vergunning van INTIEM tydskrif gebruik en die fotografie is gedoen deur IVOK HOME OF PHOTO.”
- Ek en my man was bevoorreg om 'n praatjie van Gretha in ons dorp bytewoon. Gretha baie dankie vir die positiewe reguit gesels met mans en vrouens!!! Sjoe ons het dit nodig gehad.























