MEJ. SA, NICOLE FLINT IS REG VIR LAS VEGAS!

MEJ. SA, NICOLE FLINT IS REG VIR LAS VEGAS!

Die duisende liggies van Las Vegas wink soos wat die 2010 Mej. Heelal kompetisie een van die dae afskop.

2010-08-11

Mej. Suid-Afrika, Nicole Flint sal een van 84 deelnemers wees van regoor die wêreld wat sal meeding vir dié gesogde titel op 23 Augustus 2010 by die Mandalay Bay Oord en Casino. Nicole het die 8ste Augustus in Las Vegas aangekom vir die amptelike verwelkomingsete.  


Elke deelnemer, van meer as 80 lande regoor die wêreld , sal meeding in drie kategorieë: swemdrag, aandrok en onderhoud. Die voorlopige verrigtinge sal die 19de Augustus plaasvind en die swemdrag beoordeling sal die 20ste plaasvind. 
Vir die Nasionale drag byeenkoms, sal Nicole ’n skepping dra wat deur RjKay Creations ontwerp is en wat geïnspireer is deur tradisionele Xhosa bykomstighede, maar anders as die tradisionele drag is dié skepping meer gefatsoeneer en flambojant. 

“Ons wil hê Nicole moet uitstaan en alhoewel die rok die Xhosa tradisie reflekteer, is dit meer oordrewe en elegant, “ sê Reginald Molamu. “Die vollengte rok is gemaak van rou groen sy met dramatiese goue aksente. Die glinsterende korset is gemaak van draad en krale en die rok is omlyn met goue tulle om ’n opgepofte effek te skep.”

Hierdie kenmerkende nasionale uitrusting het ook ’n kopstuk wat gemaak is van verskeie leiers en knope vir baie drama. “Nicole sal trots uittoring bo die ander deelnemers,” sê Molamu.

Ontwerpduo, Reginald Molamu en Paledi Segapo neem RjKay Creations tot nuwe hoogtes. Nie net is hul ontwerpe te sien op die loopplanke van SA Fashion Week nie, maar hulle was al te sien op verskeie Suid-Afrikaanse modetydskrifte, onder meer Marie Claire, Elle en Cosmopolitan. Die RjKay handelsmerk gaan voort om sy horisonne te verbreed; en om hul voetspore buite Gauteng deur te trap. Hulle spog selfs nou met ’n nuwe boetiek in Oos-Londen.  

Malcolm KlûK en Christiaan Gabriel du Toit het Nicole se aandrok ontwerp. Malcolm en Christiaan is die kreatiewe denke agter KlûK CGDT. Hul handelsmerk stel twee ontwerpers se passie en visie voor. Hulle bring die internasionale ondervinding van Suid-Afrikaanse mode voort. Hul besonderse aandag aan detail kan gesien word in hul materiaal keuses, die snit van hul uitrustings en hul voortreflike afrondings.  Hul ontwerpe het ’n sjiek, kontemporêre, innoverende en elegante trefkrag.



Nicole se aandrok is gemaak van violet satyn-sy wat bedek is met navy tulle. Die rok is ’n skuinssnit, wat toelaat dat haar bene se silhoeëtte mooi gesien word terwyl sy loop. Daar is ’n valletjie wat met Swarovski kristalle borduur is en wat van haar skouer tot by haar middel strek.
“Hierdie is nie ’n tipiese skoonheidswedstrydrok nie en dit behoort nogal ’n opskudding te veroorsaak”, sê Malcolm Klûk. “Die kleure is helder en ’n perfekte kompliment vir Nicole se brunette hare.

Ter viering van die onlangse 2010 Wêreldbeker Sokker, vat Nicole saam met haar ’n nasionale geskenk om die ongelooflike byeenkoms te vier. Die geskenk is ’n sokker skaakstel van diere wat die openingswedstryd tussen Suid-Afrika en Meksiko voorstel. 

Die wenner van Mej. Heelal 2010 sal gedurende haar jaar as Mej. Heelal regoor die wêreld toer en voorspraak maak vir HIV/AIDS opvoeding, navorsing en wetgewing.

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]