SWETERIGE SCARLETT!

SWETERIGE SCARLETT!

Die beeldskone Hollywood aktrise Scarlett Johansson sê wanneer sy selfbewus raak dan stroom die sweet by haar blaaie af.

2010-05-07Ingrid Botha

Die arme Scarlett het duidelik ’n sweetprobleem want sy sê aan ’n joernalis by Showbizspy.com dat “sodra ek op die rooi tapyt is, voel dit asof ’n kraan oopgedraai word. Ek weet nie, ek kry ’n baie weird chemiese reaksie wanneer ek skaam of gespanne raak. Ek dink ek moet, soos diere, ’n inenting daarvoor kry, lag sy.

Die aktrise wat tans te sien is in die Amerikaanse fliek Iron Man 2 vertel sy en haar mede-ster Gwyneth Paltrow (’n eks van Johnny Depp en Brad Pitt) het groot pelle geraak terwyl hulle aan die Iron Man movie geskiet het. “Ek het nog altyd Gwyneth se werk bewonder. En ons ken ook baie dieselfde mense wat dit lekker maak.”

Gwyneth het glo vir Scarlett gesê sy is baie bly om saam met ’n vrou te werk, want tot dusver was dit oorwegend net mans op die stel. “Jy weet nie wat ek alles al moes deurmaak nie, het glo Gwyneth dankbaar uitgeroep toe Scarlett opdaag. En toe het albei aktrises omgedraai om te sien hoe Robert Downey Junior en Jon Favreau mekaar toetakel.

Het jy ook 'n gesondheidsprobleem wat jy met niemand wil deel nie? Vra een van ons voelgoed KENNERS by dieet, fiksheid en voeding!

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]